Moord: Bejaarde se gesig ‘met mes in ’n kruis oopgesny’

’n Bejaarde vrou van Lichtenburg in Noordwes is Donderdag met ’n mes doodgesteek toe sy ’n man in haar huis betrap het.

Elizabeth Kotze (73) se gesig is na verneem word “soos ’n kruis oopgesny, van onder tot bo en van links na regs.” Die moordenaar het toe glo haar mond met iets oopgedwing.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê Kotze is ook verskeie kere met ’n mes gesteek.

Die voorval het tussen 10:00 en 11:00 gebeur terwyl die sy alleen tuis was.

Kotze was vermoedelik by die bure en toe sy by die huis kom, het sy na die huis se sleutel gesoek. Dit was nie waar sy en haar man dit altyd los nie.

Kotze se seun, Markus, het aan Huisgenoot gesê sy het sy pa gebel en gesê sy kry nie die voordeursleutel nie.

“Hulle het haar lelik seergemaak. Dit lyk of hulle haar gesig wou afsny. Toe ons daar aankom, was dit te laat. In dié stadium weet ons nog min. Ons is geskok,” het Markus gesê.

Die aanvaller het glo die sleutel gebruik om by die deur in te kom en het Kotze aangeval toe sy by die huis ingaan.

Moleko sê Kotze is in die huis dood.

Jan Kotzé:

Volgens haar is dit nog onseker wat uit die huis vermis word omdat die vrou se man (ook in sy 70’s) so erg geskok is dat hy nog nie met die polisie kan praat nie.

Dit is wel bekend dat twee selfone gesteel is.

“Hoekom, hoekom, hoekom het hy haar so seergemaak? Hierdie ding gaan by my spook, ek kan dit nie aanvaar nie.”

Dis hoe Jan Kotzé (70) van Lichtenburg Vrydagmiddag sy hartseer en woede verwoord het oor die wrede moord Donderdagoggend op sy vrou, Elizabeth, beter bekend as Toodles (71).

Kotzé het geveg teen die trane terwyl hy vertel het hoe hy enkele minute nadat sy vrou met ’n spies in die mond, keel en borskas gesteek is, op haar liggaam in hul huis in Lichtenburg afgekom het.

“Sy het in ’n plas bloed in die kombuis gelê met haar selfoon nog in haar hand vasgeklem. Toodles was nog warm, maar daar was geen hartklop nie. Die spies en mes waarmee sy aangeval is, het by haar gelê. Haar hande was stukkend soos sy terugbaklei het. Sy kon nie eers om hulp skree nie, want sy het griep gehad en haar stem was weg.”

Net ’n selfoon is gesteel.

“Hy het net ingekom om te moor, dit was uit en uit moord. Ek en Toodels was 47 jaar getroud en het mekaar 54 jaar geken. Hoe moet ek dit oorleef?”

Hy het sy vrou Donderdagoggend kort voor 11:00 laas lewend gesien toe hy en hul seun, Wynand, by die huis gestop het om iets op te laai.

Ek en Toodels was 47 jaar getroud en het mekaar 54 jaar geken. Hoe moet ek dit oorleef?

“Sy kon nie die veiligheidshek se sleutel kry waar sy dit altyd op die linnekas (naby die voordeur) gesit het nie. Ons het weer gery. Vyf minute later het die buurvrou gebel en gesê daar is fout nadat sy geluide gehoor het.”

Kotzé het dadelik huis toe gejaag en sy verminkte vrou dood aangetref. Nou besef hy die moordenaar moes reeds toe hy en Wynand kort tevore daar was, die sleutel met ’n selfgemaakte draadhak van die linnekas getrek het.

“Hy moes êrens geskuil het toe ons daar was en in die huis gegaan het net toe ons weer gery het. Ons het die draad met die haak naby die huis gekry.”

Kotzé worstel met die vraag hoekom die moordenaar sy vrou nie net maar kon vasbind nie.

“Sy was sieklik, hulpeloos en swak. Sy kon nie eens ’n koppie oor die tafel stoot nie, ek moes haar pilletjies vir haar breek.”

Kotzé sê Toodles het al vyf haar kleinkinders help grootmaak. “Een van hulle, Bianca, se lewe is nou aan flarde geruk.”

Toodles laat nog ’n seun, Markus, en vier ander kleinkinders na. Haar verassingsdiens is Woensdag in die NG Oos-gemeente in Lichtenburg.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder in Noordwes, het Vrydagmiddag gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Foto: Toodles Kotzé en haar kleindogter, Bianca.Foto: Verskaf
Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!