Moord op sagte teikens

crime scene
Die liggame van ‘n bejaarde egpaar is in die vroeëe oggendure by hul huis in Leedsstraat gevind.
Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh is dit nog nie duidelik wanneer die moord plaasgevind het nie en kon enige tyd vanaf Vrydag tot ongeveer 11:40 Saterdagaand gebeur het.
Die man se liggaam is in die kombuis met 18 meswonde gevind. Sy vrou se liggaam is buite by ‘n afvoerpyp gevind. Sy is verwurg en haar nek is ook gebreek.
Die ontdekking volg nadat ‘n informant Konst Tshabalala van Duduza SAPD van die moord verwittig het. By ondersoek het Konst Tshabalala ‘n verdagte vasgetrek wat in besit was van die vermoorde egpaar se motor en items wat vermoedelik in die egpaar se huis gesteel is.
Konst Tshabalala het Nigel SAPD gekontak, waarna die gru-ontdekking by die huis in Leedsstraat gemaak is.
Nadat die polisie ‘n taakspan uitgestuur het, is nog twee verdagtes aangekeer. Volgens inligting is daar nog een verdagte op vlug.
Die hoofverdagte is glo ‘n tuinier wat vir die egpaar gewerk het. Geen geforseerde toegang is tot die woning verkry nie.
Die ondersoek duur voort.
Meer inligting volg sodra dit beskikbaar is.-HeidelbergNigel Herault

Enjoyed this post? Share it!