Mosambiekers betrap met miljoene

Dollars-en-euros-300x206Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Saterdag ‘n slag geslaan toe hulle drie Mosambiekers aangekeer het wat dollars en euros ter waarde van R76 miljoen in hulle motor versteek het.

Hulle is Vrydag in ‘n silwer Hilux by die Lebombo-grenspos in Oos-Transvaal aangekeers, aldus SAID-woordvoerder, Sandile Memela.
Die voertuig is deurgesoek en daar is gevind dat daar ‘n vals bodem in die bak is. Die bestuurder het egter gesê dit is leeg.
Dit is oopgemaak en die plastieksakke vol kontant is gevind. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!