Mosie aanvaar oor droogtekrisis

droogteMosie aanvaar oor droogtekrisis‘n Mosie is sonder enige teenstemme in die parlement aanvaar om die droogte tot ‘n nasionale ramp te verklaar.

In die mosie, vanuit die opposisie se geledere, is daarop gewys dat die droogte die ergste in die land se geskiedenis is met die laagste reënval tot nog toe wat verlede jaar opgeteken is. Die droë toestande het tot gewasverliese gelei en talle diere is dood.

Voorts is daarop gewys dat die droogte ’n negatiewe uitwerking op kospryse het, dat 16% van die bevolking reeds voedselonsekerheid ervaar en dat hoër kospryse ’n rampspoedige uitwerking op baie meer Suid-Afrikaners sal hê.

Dit hoop is daarna uitgespreek dat die uiteindelike erkenning van die krisis deur die parlement die nodige druk op die ANC-regering sal plaas om die droogte tot ’n nasionale krisis te verklaar en hulle landwyd tot hulp sal verbind.

’n Amptelike brief met dié versoek sal na dese deur die parlement aan die nasionale regering gestuur word.

Bron – Vryburger


Enjoyed this post? Share it!