Motoriste betaal weer afgradering se gelag, en die verbruiker se vakansies word kort-geknip

Weer eens moet motoriste die gelag betaal van hoër brandstofpryse as gevolg van die regering se ekonomiese wanbeleid.

Die rand, wat die vertroue in ‘n land se ekonomie weerspieël, het die laaste tyd weer skerp gedaal. Weliswaar het die olieprys ook gestyg, maar as die rand ten minste stabiel sou gebly het, of selfs versterk het, sou die styging in die olieprys versag kon gewees het.

Talle motoriste sal hulle vakansieplanne moet hersien nadat dit geblyk het dat die prys van petrol volgende week met ‘n aansienlike 74 sent per liter gaan styg, en diesel met ongeveer 63 sent per liter. Dit beteken dat die vul van ‘n 60 liter petroltenk meer as R44 méér gaan kos.


Enjoyed this post? Share it!