Motsoeneng verdedig salaris

Motsoeneng verdedig salaris
Hlaudi-Motsoeneng-64011
In dieselfde week wat berig is dat die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), Dudu Myeni, ‘n vyandige visier op blanke vlieëniers se vergoedingspakkette gerig het, het die matrieklose bedryfshoof van die SABC, Hlaudi Motsoeneng, verklaar dat dit nie ‘n sonde is vir ‘n swart man om ‘n goeie salaris te verdien nie.
In ‘n verwysing na sy salaris wat tot R3,7 miljoen verhoog is, het hy gesê die SABC sal dit met enige werknemer doen wat waarde tot die maatskappy toevoeg.
Hy het bygevoeg dat dit skoonmakers insluit.
Sy salarisverhoging sluit ’n bonus van R279 000 in en R916 000 vir uitgawes en toelaes. Die SABC het ook R369 000 tot sy pensioen en siekefonds bygedra.
Hy het bygevoeg dat sommige uitvoerende bestuurslede van die SABC meer as hy verdien.
Die SABC het bekend gemaak dat hy ’n verlies van R395 miljoen in die laaste boekjaar gely het.- Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!