Mugabe se uurglas loop leeg gaan dit SA raak?

Dit lyk of die gety teen Zimbabwe se 92-jarige president, Robert Mugabe, begin draai, veral omdat polisiebeamptes en weermag offisiere openlik sê dat hulle gekant is teen die president se diktatorskap.

Een van die senior polisiebeamptes sê hy voer nie meer bevele uit wat ’n politieke strekking het nie, want die mense wat in opstand kom teen Mugabe, het ’n reg om vreedsaam te betoog.

Een van die Weermag bevelvoerders sê hy doen wat reg is, en ignoreer Mugabe se bevele, want hy is reeds drie maande sonder salaris en sien geen rede waarom hy nog die vloerlap moet wees nie.

Intussen het president Robert Mugabe nog teenkanting gekry toe sy ous-stryders begin het om teen hom te draai en selfs vyandig geword het teen die diktator.

Intussen het die polisie sowat 100 mense wat betoog het, in hegtenis geneem terwyl meer as 25,000 optoggangers die strate van Harare beset het en anti-Mugabe slagspreuke geskree het terwyl ander met groot baniere hulle weersin te kenne gegee het.

In die sosiale netwerke het honderde internet gebruikers hulle afkeer getoon en dikwels is ongehoorde taal gebruik om hulle misnoeë in Mugabe te kenne te gee.

Kenners meen die ou president se uurglas is besig om leeg te loop, en dit word selfs verwag dat ’n staatsgreep uitgevoer gaan word om ontslae te raak van die man wat eens almal se held was in Zimbabwe.

bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!