Munisipaliteite in haglike toestand

Die meeste munisipaliteite se bestuur is in so ‘n haglike toestand, dat Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal (OG), hulle nie ‘n skoon ouditverslag kon gee nie.

Alhoewel die meeste skoon ouditverslae uit die Wes-kaap kom, het onreëlmatige besteding tog met meer as 50% toegeneem tot R16,81 miljard. Dit beteken skynbaar nie noodwendig verkwisting of bedrog nie, omdat dit eers ondersoek moet word. Makwetu wys egter daarop dat ervaring daarop dui dat plaaslike regerings met onreëlmatige besteding gewoonlik swak is.

Dit wil voorkom of die aantal skoon oudits daal. Hierdie jaar kon slegs 80% van die owerhede wat voorheen skoon oudits gehad het, dit weer kry, en 14 munisipaliteite het hulle skoonouditstatus verloor en net nege het vir die eerste keer skoon oudits gekry.


Enjoyed this post? Share it!