‘n Bejaarde vrou van Bellville sterf aan vermoedelik ‘n hartaanval na rooftog

Nallie Smuts en haar ma, Mett Smuts (87) was Vrydagoggend na ‘n winkel in Parow om iets op te laai. Haar ma het in die voetuig gebly.

Dit was baie warm en Nallie het voor sy die winkel in is, haar ma aangeraai om die venster van die voertuig halfpad oop te draai.

Kort daarna het ‘n ‘vrou’ haar hand deur die venster gedruk en tannie Mett se hangertjie van haar nek af geruk en ook ‘n sak gegryp.

Toe Nallie buite kom het van die omstanders haar vertel wat gebeur het en sy het die vrou agterna gesit sonder sukses.

Die polisie was egter gou op die toneel, maar toe Nallie by die voertuig kom het haar ma agteroor gelê met haar mond oop.

“Ek het aan haar hand gevat toe hyg sy net en val weer agteroor”
Die ambulans personeel het op gedaag en sowat 15min probeer om haar te red, maar sy is op die toneel dood verklaar.


Enjoyed this post? Share it!