n Sewentienjarige seun is in Intensiewesorg by die Florakliniek nadat hy deur 20 jeugdiges by die West Ridge High School aangeval is

Volgens sy ouer broer het die aanrandig plaasgevind toe hy by die skool gearriveer het om eksamen te skryf.

Twee VW Golfs het stilgehou en jeugdiges van Graad 9 en 11 het met sambokke en houtstokke hom eers omring en toe aangeval. Talle houe het teen sy kop beland.
Net voordat hy sy bewussyn verloor het, het ‘n onderwyser tussenbeide getree.
Volgens die broer het die skool nie die polisie of ambulans gebel nie, maar slegs sy ouers in kennis gestel. Veilgheidspersoneel van die skool het ook niks aan die saak gedoen nie.
By die Florakliniek is vasgestel dat hy wonde aan sy kop het, aan harsingskudding ly, haarlyn skedelbreuk het asook weefselbeskadiging van die niere.
Die Roodepoort Polisie het geweier dat die seun se ma ‘n klagte lê en gesê dat hy moet self na die polisiekantoor toe kom. Hulle het hulle nie gesteur aan die ma wat gesê het dat die kind is minderjarig en in Intensiewesorg nie en vir hulle net vorms gegee wat deur die dokters moes ingevul word.
Na vele probeerslae is daar ‘n saak van poging tot moord geopen. 
Die skoolhoof Sydney Mashite het geen kommentaar oor die voorval gelewer nie.- Vryburger
Foto ter illustrasie
Seun in intensief

Enjoyed this post? Share it!