ʼn Swart Maandag veldtog teen Zuma om ontevredenheid uit te spreek word aangekondig

“Ons siele is nie te koop nie.” Dít is die boodskap van die sogenaamde #BlackMonday-veldtog waardeur daar ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen word om vandag swart aan te trek om hul ʼn Swart Maandag veldtog teen Zuma om ontevredenheid uit te spreek word aangekondig oor pres. Jacob Zuma se omstrede kabinetskommeling te demonstreer.

Die veldtog kom te midde van talle politieke en burgerlike leiers wat in die afgelope paar dae hul ontevredenheid en agterdog uitgespreek het rondom Zuma se middernagtelike veldtog
onder meer Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, uit hul poste verwyder is.

Gordhan het Vrydag tydens ʼn mediakonferensie en Saterdag tydens ʼn gedenkdiens vir Ahmed Kathrada, die ANC-struggle-veteraan, gesê mense moet georganiseerd raak in hul teenstand teen Zuma. “Die propagandakanaal het [Vrydagaand] berig ek moedig massamobilisering aan. Ja, ek moedig onbeskaamd massamobilisering aan. Ons moedig massamobilisering aan om seker te maak die mense regeer,” het Gordhan gesê.

Sondag is ʼn boodskap van die #BlackMonday-beweging wyd op sosiale
media en deur Whatsapp- en SMSboodskappe versprei. Dit is nie duidelik wie vir die ontstaan van die veldtog verantwoordelik is nie, maar volgens ʼn beskrywing op die amptelike webtuiste (https://blackmonday.squarespace.com/) is die veldtog deur
“gewone, bekommerde burgers van hierdie land” begin.

“Ons wil graag ʼn verenigde stem bied waaragter alle Suid-Afrikaners kan staan. Ons is geensins polities geaflieerd nie,” het die skrywe op die webtuiste gelui. “Die tyd het gekom vir ons almal om te verenig agter die waardes wat in ons grondwet vervat is. Ons almal het ʼn verpligting om hierdie waardes te handhaaf en te verdedig deur ons regering aanspreeklik te hou volgens hul wetlike mandaat.

“As teken van ons ontevredenheid, nooi ons alle ontevrede Suid-Afrikaners om agter die #BlackMondaybeweging te staan. Maandag, 3 April 2017, sal ons almal swart dra in solidariteit en die hutsmerk gebruik om ons veldtog uit te brei. Ons kan nie langer passief wees nie.”

Die webtuiste gee besoekers ook ʼn geleentheid om ʼn ontevredenheid te onderteken om hul ondersteuning aan die veldtog te toon.

Bron: Maroela Media


 

Enjoyed this post? Share it!