‘n Tweede generaal in die Suid-Afrikaanse nasionale Weermag is aangekla van bedrog en korrupsie

Vroeg in November 2017 is generaal-majoor Nontobeko Mpaxa, die direkteur Magsvoorbereiding, gearresteer op klagtes van bedrog en korrupsie. Sy was in lyn om die eerste vrouehoof te word van die weermag.

Die naam van die generaal wat pas gearresteer is, is nog nie bekend gemaak nie hangende ondersoek in die saak.

Volgens parlementêre antwoorde was daar meer as 272 aangemelde sake van diefstal by militêre basisse in 2016. Dit kan aangeneem word dat die syfer in 2017 nog hoër sal wees.

Ontleders wys op die verval van die eens trotse SAW, net soos die res van die land se strukture.

Die “nes van korrupte offisiere en personeel”, soos een ontleder dit teenoor Die Vryburger gestel het, is ‘n gevolg van die voorbeeld wat deur die politieke base gestel word en lei daartoe dat niemand met trots meer kan opkyk kan na ‘n lid van die mag as die hoofde steel en roof.


Enjoyed this post? Share it!