‘n Diaboliese Waterdigte Plan vir Grondhervorming Sonder Vergoeding

Die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, het ‘n diaboliese en totaal wettige plan uitgedink om eiendomsbesetting sonder vergoeding deur te voer.

Hoewel die wet (wat beslis nie net praat van plase nie, maar ook huise, besighede en ander eiendom) sterk op pad is wetboeke toe, was daar nog altyd die opsie om so ‘n wet omgekeer te kry deur die grondwetlike hof.

Maar nie as Supra se plan slag nie. Hy wil naamlik hê daar moet ‘n referendum gehou word oor die vraag: Moet eiendom sonder vergoeding onteien word en aan voorheen benadeeldes gegee word?

Daar kan geen twyfel oor wees dat die “ja” stem in so ‘n referendum ‘n wegholoorwinning gaan wees nie. En daarna lui die klok vir die einde. Dit is dan die wil van die meerderheid kiesers en ongeag watter party aan bewind is, of sal wees, dit sal deurgevoer word.

Nou wat nou?

Laat my toe om ‘n oomblik lank reguit te praat met dié onder ons wat nog so hartstogtelik oortuig is daarvan dat selfbeskikking nie gaan werk nie en die argument voorgooi van: “Wat van my huis en my werk buite ‘n selfbeskikkingstaat?”

Met die huidige ekonomiese tendens, wat reëlreg volg in die spore van Zimbabwe, is dit baie moontlik dat Suid-Afrika binnekort ook by ‘n 80% en meer werkloosheidsyfer gaan staan. Die werkloosheidsyfer is alreeds ver verby daardie halfpadmerk. As jy in elk geval jou werk kwyt is en jou eiendom word, volgens Supra se plan, afgeneem – waarheen wil jy dan gaan?

Al sou dit dalk gebeur dat jy dus nie binne die grense van ‘n selfbeskikkingstaat woon nie, kan jy nog steeds as burger van so ‘n staat burgerregte en beskerming geniet. En verloor jy jou eiendom en jou besigheid en jou werk, is daar ten minste ‘n heenkome. As dit egter nie realiseer nie (omdat jy verkies om nie ten gunste daarvan te stem nie), sit jy met groot probleme.

Eiendomshervorming sonder vergoeding, is nie meer ‘n kwessie van “as” nie, dis ‘n kwessie van “wanneer” – en die premier het dit sopas verseël met sy eis om ‘n referendum.

Bron: Daniel Lötter
Front Nasionaal SA


 

Enjoyed this post? Share it!