Nasionale kragvoorsiener, Eskom ‘n voorbeeld van Afrika kultuur

Tydens die parlementêre ondersoek na Eskom se bedrywighede het ‘n vorige hoof uitvoerende beampte, Tshediso Matona, uiteindelik met die hele sak patats na vore gekom toe hy praat van ‘n kultuur van “deferred maintaince”.

In effek beteken dit dat instandhouding en onderhoud uitgestel word wat uiteindelik daartoe gelei het dat eenhede by Eskom “gebreek” het.

Sy presiese woorde was “they were tired”.

Dit is presies die land se probleem, sê kundiges, dat niks in stand gehou of gediens word nie. Daar word eers gewag tot iets breek en dan word die hande in die lug gegooi en dan word apartheid daarvoor blameer.

Afrikakenners wys daarop dat dit ‘n probleem van feitlik die hele kontinent is. In baie gevalle is daar geen instandhouding gedoen nadat die koloniale moondhede onttrek het nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!