Nasionale Vervolgingsgesag:- Polisie Kommissaris Kgomotso Phahlane skotvry

Die sukkelende Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aangekondig dat daar geen vervolging ingestel gaan word teen die vorige waarnemende polisie kommissaris, Kgomotso Phahlane, nie.

Hy was ondersoek oor hoe hy ‘n huis van R8 miljoen kon bekostig, en dat hy na bewering gepeuter het met getuienis.

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat het op navraag gesê dat hulle die NVG versoek het om hul besluit om nie te vervolg nie, te heroorweeg.

Intussen word daar gewag dat Zuma die nuwe polisiekommissaris moet aanwys. Die nuwe kommissaris sal in die spore van vyf vorige kommissarisse moet volg wat of geskors of vervolg is.

Vroeër het VF Plus gevra dat die nuwe kommissaris geen politieke aanstelling moet wees nie, maar iemand wat uit die range van die polisie self kom.


Enjoyed this post? Share it!