Natal het meeste grondgryp eise

GrondgrypBykans 40, 000 grondeise is reeds ingedien vir plase in Natal en die Vrystaat met die heropening van die grondgryp-eise in Suid-Afrika.

Die twee provinsies het gesamentlik die meeste grondeise, en is aansienlik meer as 50% van die totale aantal grondeise in die land.

In die afgelope 2 jaar tot einde Februarie 2016 het die staat se sogenaamde Grondregte Kommissie 133,778 nuwe eise op sy tafel gekry.

Natal het die meeste grondeise en beloop bykans 21,000 terwyl die Vrystaat met net meer as 19,000 eise tweede in die ry is.

Sentraal-Transvaal is derde met meer as 17,000 eise en Noord-Transvaal is vierde met bykans 10,000 eise.

Ekonome wys daarop dat die grondeise nog dekades op die boeke sal wees aangesien die regering nie oor die fondse beskik om die grond uit te koop nie.

Die mening is uitgespreek dat die swartmense ongeduldig gaan raak as dit so lank uitgerek word om eise af te handel, en kan dit tot gewelddadige opstande lei.

Die gevaar bestaan ook dat die Mugabe-tegniek toegepas gaan word om tevredenheid by kiesers te verseker.

Die regering sal nie gou oor die middele beskik om uitvoering te gee aan al die eise nie, en met ’n oorlaaide staatskuld wat dreig om die land in rommelstatus te druk, word die grondgryp-projek ’n nagmerrie vir die ANC-regering.

Kenners wys daarop dat die regering bewus is daarvan dat onbillike grondgryp-pryse ook kan lei tot herevaluering van Suid-Afrika se onstabiele regering, wat ook kan bydra om die land tot rommelstatus te druk.

Bron: Vryburger


 

 

Enjoyed this post? Share it!