Natref ontploffing by Sasol wat nie in die nuus was nie ontketting vrae.

‘n Hewige ontploffing verlede week by Sasol se Natref aanleg, waarin sowat 15 mense beseer is en miljoene rande se skade aangerig is, word tjoepstil gehou.

Die oorsaak van die ontploffing is nie bekend nie, maar aanvanklik is daar bespiegel dat dit onbekwame operateurs of ingenieurs was wat daarvoor verantwoordelik was.

Intussen het die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, gesê die land sal dwaas wees as hy nie glo dat hy ook deur terrorisme bedreig word nie.

Sy sê dat Suid-Afrika deel van die globale wêreld is en dat dreigemente van terrorisme ook op Suid-Afrika van toepassing is.

Die vraag word nou gevra of die Natref ontploffing nie in daardie lig gesien moet word nie, en dat dit die rede is waarom dit so stil gehou word?

Sasol het intussen ontken dat ‘n video wat op sosiale media versprei is, dié van die ontploffing van Natref is. Daar is egter nie ontken dat daar wel ‘n ontploffing was nie.


Enjoyed this post? Share it!