Nederlander word vermoor in SA deur barbare

Vyf gewapende aanvallers het ’n Nederlander in ’n plaasaanval naby Barberton in Mpumalanga vermoor.

Peet van Es (55) en sy vrou, ­Arine Prins, het Vrydagaand saam met ’n familievriend op hul klein plasie in die Moseley-omgewing, aan die R40 tussen Barberton en Nelspruit, gekuier. Prins is blykbaar ook in haar 50’s.

Sy het aan die Barberton ­Times gesê haar man het later die aand op die huis se boonste verdieping geslaap toe boewe met klapmusse iewers ná 20:00 by die huis ingebars het.

Die boewe het Prins glo aangerand en bly vra waar die kluis is, berig die Barberton ­Times. Sy en die kuiergas is met elektriese kabels vasgebind. Twee van die aanvallers het messe gehad en die ander drie 9 mm-pistole. Van Es is in sy bed oorval. Hy het wakker geword en met die aanvallers begin stoei.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Van Es is met ’n onbekende skerp voorwerp in die stoeiery doodgesteek. Die bure het die Hi-Tech-veiligheidsmaatskappy rondom 00:30 ontbied nadat Prins hulp gaan soek het.

Hi-Tech-veiligheidswagte het omstreeks 00:50 by die plaas aangekom, met die polisie kort op hul hakke.

Die boewe is weg met die egpaar se silwer Chevrolet-bakkie propvol huisraad, waaronder ’n televisie, juweliersware en elektriese toerusting. Hlathi sê die polisie is op soek na die silwer bakkie met die registrasienommer FYD 843 MP.


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Ernie Hall

    Jissis!!!!