Nederlandse Parlement Het Talle Vrae Nadat Nederlandse Burger In Plaasaanval Gemartel en Vermoor is

Tydens nog ‘n plaasaanval in Suid-Afrika is ‘n Nederlander wreed gemartel vermoor op Moseley Farm op die R40 na Barberton en die nuus maak opslae in Nederland.

Die moord was Vrydagaand digby die dorpie Barberton, waar die 55-jarige slagoffer met sy eweneens Nederlandse vrou gewoon het. Peet van Es het nie die aanval oorleef nie maar sy metgesel Arine Prins en ‘n vriend net bekend as Michael het wel.

Vyf gemaskerde swart aanvallers het die plaasmense oorval, die vrou en ‘n familievriend vasgebind en toegang tot die kluis geëis. Prins se gesig is erg gekneus in die aanval.

Vervolgens is die aanvallers na bo, waar hulle die Nederlander na vyf ure se marteling doodgesteek het. Die weduwee het aan die Barberton Times gesê dat die booswigte met juwele en elektroniese ware as buit vertrek het in die motor van die slagoffer.

“Daar is selfs ‘n naam daarvoor: ‘plaasmoorde’, soos in die Afrikaanse woord vir ‘n boerdery”, sê korrespondent Bram Vermeulen. “In 2016 was daar meer as 300 van hierdie soort aanvalle gewees, waarby 64 boere of hul familielede om die lewe gekom het. Dikwels gebeur dit op gruwelike wyses: boere word nie net beroof nie, maar ook gemartel.”

Organisasies wat opkom vir die blanke gemeenskap in Suid-Afrika vind dat die regering onder leiding van die ANC te min doen aan die probleem.

In Nederland het die PVV in die Tweede Kamer vrae gestel oor die kwessie. Die party is bekommerd oor die gebrek aan beskerming vir onder andere blanke boere in Suid-Afrika.

Vrae van die lede De Roon en Bosma (albei PVV) aan die minister van buitelandse sake oor die plaasmoord op ‘n Nederlander in Suid-Afrika, het ingesluit of die regering ‘n verklaring kan gee vir die feit dat die aantal plaasmoorde die laaste tyd besonder toegeneem het.

Die lede wou ook weet in hoeveel persent van die gevalle lei die gruwelike moorde, op meestal blanke boere, eintlik tot ‘n veroordeling?

Beide lede het hul kommer uitgespreek dat die moorddossier tydens die polisieondersoek op gebruiklike Afrika-wyse “onder ‘n dik laag stof sal verdwyn”.

Hulle het ‘n beroep op die Nederlandse owerhede gedoen om die Suid-Afrikaanse regering onder druk te plaas om die Nederlandse boeregemeenskap in Suid-Afrika teen nog meer bloedvergieting te beskerm en gesuggereer dat die ekonomiese wanbestuur onder die ANC-regime bygedra het tot die kwessie.

“Die vraag is of boere spesifiek ‘n teiken is en of Suid-Afrika net ‘n kriminaliteitsprobleem het waaronder boere ook ly,” sê Vermeulen. “By boere-organisasies asook in sogenaamde ‘ver-regse kringe’ word gesê dat daar agter die plaasmoorde politiek sit: As daar genoeg plaasvind, dan verdwyn die wit boere vanself van die platteland.”

Die vraag bly egter: Indien dit net “gewone misdaad” is, hoekom word die slagoffers doodgemartel?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene “trol”-gedrag. Enigeen wat só ‘n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.

Bron: Praag


Enjoyed this post? Share it!