Meme word waar! Nederlandse Verklikker Agentskap Teen Internet Haatspraak uitgevang vir ondersteuning van Moslemse geweld teen gays!

Nederlandse Verklikker Agentskap Teen Internet Haatspraak uitgevang sonder die vaseline van politieke korrektheid oor homophobia.

Die waarheid van hierdie welbekende internet “meme” (links), asook die  eensydigheid en verraaierskap van die Nederlandse agentskap, waar mense haatspraak op die internet kan verklik, is onlangs bewys, toe ‘n beslissing wat hulle gemaak het as ondersteuning van aanhitsing tot geweld teen gays verklaar is.

Verder, as ons die logika van hul beslissing volg, en daar is geen geweld of aanhitsing to geweld betrokke, dan is die Geloof dat rassemenging verkeerd is, volgens die Bybel (of selfs wetenskaplike behoud van ware diversiteit), aanvaarbaar en ‘n reg.

Hul beslissing het egter gou afsku in die Tweede Kamer getrek war met afgryse gereageer is op die standpunt van die Meldpunt van Internet Diskriminasie (MiND). MiND het vind dat negatiewe uitsprake oor homo’s deur Moslems in die konteks van die geloof moet gesien word.

Vir die onafhanklike LP Joram van Klaveren en Louis Bontes is hierdie reaksie op ‘n diskriminasie melding foutief en onaanvaarbaar. Hulle het Donderdag vrae aan die ministers van Justisie en Maatskaplike Welsyn gerig nadat die webwerf ThePostOnline die standpunt van MiND gepubliseer het.

Volgens die twee LP’s stel mind dat gewelddadige homohaat op grond van die Islam geloof geregverdig is. Die oproepe tot geweld sou geen probleem wees as dit gebeur vanuit die Islamitiese geloofsoortuiging.

Hulle het reageer dat hierdie soort saak hoort altyd tuis by die Openbare Ministerie. Islam en ander lewensbeskouing kan nooit gebruik word as verskoning vir feitelike diskriminasie of die oproepe tot geweld.

MiND het laat weet in ‘n verklaring Donderdag middag dat daar – na nuwe navorsing – sprake is van ‘n “verkeerde beoordeling” van enkele uitsprake. Daar is in enkele uitsprake sprake van ‘n opruiende karakter en die oproep tot geweld. In hierdie gevalle is die konteks nie van belang. Hulle het ook gou hul beslissing van die internet verwyder, maar gelukkig het ons ‘n skermskoot daarvan danksy op en wakker patriote:

discriminazi

Die ophef kom juis op die tydstip dat die subsidie vir MiND ter bespreking vir hernuwing staan. ‘n Meerderheid in die Kamer het Woensdag gepleit vir die handhawing van die finansiële steun. Insiggewend is dit volgens PvdA-Kamerlid Ahmed Marcouch dat MiND ‘n belangrike rol speel vir die invordering (of verklikking) van uitinge van groepsdiscriminasie op die internet.

MiND is die landelike blitslyn vir strafbare, diskriminerende uitsprake op die internet. Die blitslyn internet diskriminasie is in 2013 gestig op inisiatief van die Ministerie van Veiligheid en Justisie en die Departement van Maatskaplike Welsyn en Indiensneming.

Mind is in 2013 gestig op inisiatief van die Ministerie van Veiligheid en Justisie en die Departement van Maatskaplike Welsyn en Indiensneming.

 

Don Deon

14971892_1500309773318849_1109089132_n


 

Enjoyed this post? Share it!