Nege terroriste val boer en sy familie aan op plaas by Roodekuil naby Warmbad

‘n Bende van nie minder nie as nege terroriste, wat in drie voertuie opgedaag het, het ‘n boer se familie van Warmbad aangeval op sy plaas by Roodekuil naby Warmbad.

Hulle het die plaashuis binnegedring en drie mense vasgebind en met waardevolle items, waaronder wapens, die hasepad gekies.

Die boer het hulle sien vlug, en hulle het op hom begin skiet. Hy het terug geskiet en een van die terroriste gewond.

Drie van hulle is later aangekeer en gearresteer, en ‘n gedeelte van die buit is teruggevind. Die ander ses is nog met ‘n gedeelte van die buit op vrye voet.

Kenners wys daarop dat so ‘n operasie met soveel daders betrokke, goed georganiseer is en haarfyn beplan is.

Geen verdere inligting tans beskikbaar nie. Ons sal lesers op hoogte hou.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!