Neo-rassisme betogings

Neo-rassisme betogings

Neo-rassisme betogings

Na verneem word gaan daar Maandag, 9 November om 09:00 vm. betogings plaasvind en daar gaan optogte gehou word in Middelburg(Transvaal nou Mpumalanga) van Neo-rassisme. Klaarblyklik gaan een van die betogings oor die Hoër Tegniese skool Middelburg wat na bewering nie genoeg volksvreemde leerlinge in die skool het nie.

‘n Ander betoging gaan oor die Afrikaanse laerskool, CR Swart waar die naam blykbaar ‘n probleem is en verder is die voertaal van die skool, Afrikaans.

Beide gevalle van betogings kom neer op blatante neo-rassisme. Hierdie is verdere gevalle wat onder die aandag van die Boerevolk gebring moet word en dit het tyd geword dat ons ons volkseie inrigtings en instellings moet begin beskerm teen hierdie soort van optredes.

Leerders wat besig is om eksamen te skryf is versoek om reeds baie vroeg by die onderskeie skole aan te meld sodat die eksamens voltooi kan wees wanneer hierdie barbare met hulle betogings en optogte begin – Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!