Neo-rassisme teiken Rhodes wêreldwyd

Rhodes-standbeeld-300x215

Aktiviste wat hulle beywer vir die vernietiging van blanke erfenis, het hulle veldtog opnuut verskerp.

Rhodes word deur hierdie groepe, histories korrek, as die grondlegger van apartheid veroordeel en daarom word die verwydering van nog ´n Rhodes standbeeld bepleit.

Die oproep het egter gelei tot internasionale teenstand uit verskeie oorde – die nuutste ´n waarskuwing deur Tony Abbott.

Die drama speel hom af in ´n bakermat van die internasionale liberalisme – Oxford universiteit.

Hierdie gebeure lig enkele belangrike teenstrydighede, maar ook waarhede uit.

Wanneer Afrikaner-erfenis bedreig word, is die wêreld stil – totdat soortgelyke aktivisme húlle erfenis bedreig – sprekende dubbele standaarde van die liberale denkrigting.

Wêreldwyd probeer swart groepe hernieude aanvalle op oorwegend blanke erfenis tot nuwe hoogtes voer – selfs in lande waar dekades van swart bevoordeling tot niks kom nie.

(selfs kersfees en kersliedere word geteiken as “te wit”)

Maar midde in hierdie storm bestaan die risiko dat sleutelwaarhede misgekyk kan word:

Rhodes was inderdaad die grondlegger van apartheid – bloot vir persoonlike gerief en selfverryking.

Verder moet onthou word dat, anders as Rhodes en Britse imperiale kolonialisme en apartheid, was (en is) die Afrikaner ´n pionier en bouer wat hierdie land en álle inwoners bevoordeel het, natuurlik tot die mate wat elkeen bygedra het!

In ´n sy-drama het dit aan die lig gekom dat die Rhodes Must Fall aktivis, Ntokozo Qwabe sy studie met ´n Rhodes-beurs voortgesit het.

Beskuldigings van skynheiligheid is deur sowel Qwabe as die RMF-veldtog ontken.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!