Neorassisme, wanbestuur, onkundigheid en korrupsie verwoes Suid Afrika


Neo-rassisme en RSA verval saamgestel uit 4 artikels en ‘n klankbaan oor neo-rassisme

 

Volksmoord die vernietiging van Geskiedenis , Erfenis, Monumente, Standbeelde, Kultuur, Skole en Universiteite,Taal en Godsdiens

Nie alleen is ons gedompel in “krag en water krises as gevolg van wanbestuur, onkundigheid en korrupsie nie maar ons stede is besig om heeltemal te verval!

Artikel 1

RSA Verval!!

Die geboue in die middestad van Johannesburg se kelderverdiepings word besmet deur stygende mynwater en waninstandhouding van veiligheidsmaatreëls deur die plaaslike regering. Baie van hierdie oorvloede kelders is die stoorplekke van groot kettingwinkels wat “skoon” en “veilige” voedsel aan miljoene Suid Afrikaners verskaf – Collapse RSA

 

Artikel 2 is ‘n Goeie voorbeeld van Afrika-demokrasie te midde van die waterkrises in die land

Honderde betogende vandale het groot skade en verdere waterverlies veroorsaak toe hulle die sluise van die De Hoopdam in Limpopo oopgemaak het. Die water het sowat sewe uur lank uit die dam gestroom.

Volgens Sputnik Ratau, woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie (DWS) het die betogers die sluisoperateur by sy huis daar naby ontvoer en met geweld gedwing om die sluise oop te maak.

Kontrakteurs wat aan die onderkant van die dam gewerk het, beweer hulle het miljoene rande se skade gely. Inwoners van brandarm plaaslike gemeenskappe is glo nie betyds ingelig om na ’n veilige gebied bokant die vloedlyn te beweeg nie.  Dit is uiters onverantwoordelik van die DWS om so iets te laat gebeur, veral terwyl ons land deur ’n geweldige droogte geteister word, het een van die omgekrapte kontrakteurs gesê.

Tot dusver word die skade op R2 miljoen beraam, maar dit kan nog hoër word.

Geen van die waarskuwings prosedures is nagekom nie. Kontrakteurs het eers ure later verneem dat daar ’n geweldige vloed water op pad is en dat werkers en masjinerie onmiddellik na ’n gebied bokant die vloedlyn verskuif moet word. Sowat 742 kubieke meter water het verlore gegaan, maar volgens Ratau is die departement nog besig om die presiese omvang van die skade vas te stel. Die betogers was woedend oor swak dienslewering.

Kenners wys daarop dat hierdie nie betogers is nie, maar terroriste is wat sabotasie gepleeg het.

 

Artikel 3

ANC Beleid dat Boere Geskiedenis Verander na Afrikaner Geskiedenis

Presies 116 jaar na die uitbreek van wat tot nou toe as die Anglo-Boereoorlog (ABO) in ons Boere Geskiedenis bekend gestaan het, is die naam amptelik na die Suid-Afrikaanse Oorlog verander. Die naam van die oorlog tussen Brittanje en die Boererepublieke, die Oranje-Vrystaat en Transvaal, van 1899 tot 1902, word aangepas om ook die rol en lyding van swart mense in die oorlog weer te gee. Die geskiedenis van die oorlog, wat altyd as ’n “witmansoorlog” bekend was volgens Mthethwa, word reggestel.

 

Munisipaliteite speel of ‘n doelbewuste of onbewustelike rol in die volksmoord van blankes. Of dit nou een van hul onverklaarde doelwitte is of niè, die uiteinde van hul beleid ten opsigte van munisipale kostes, teenoor blankes, is die verwoesting van blankes se lewens, en ook eiendomsbesit in Suid Afrika.
Die Appèlhof uitspraak waarby Jaap Kelder betrokke was, het ‘n direkte rassistiese NEO-APARTHEIDSERA in Suid Afrika ingelui, met blankes wat voortaan op grond van hul ras, uitgesonder sou word vir ‘n onderdrukkende en verarmende munisipale beleide.
Jaap Kelder skryf soos volg:
As agtergrond. Verskeie lede van die NBU het in 1995 begin met aksies teen munisipaliteite om gelyke kredietbeheer af te dwing en daardeur die wanbetalers vas te vat. Die kwessie is oor ‘n periode van vier en half jaar tot in die Appélhof gevoer. Uitspraak was daar teen ons met regter Joos Hefer ( regterpresident) se laaste woorde “ As ek die bevel vandag toestaan gaan daar chaos in die land wees “ ! Vandag is daar natuurlik chaos in die land op munisipale vlak.

 

Hierdie uitspraak beteken dat daar nie n gelyke kredietbeheerstelsel in die land is nie, en dat daar dus op grond van ras en kleur, dws ‘n NEO-APARTHEIDSTELSEL, geld ingevorder word; – in Suid Afrika deur die munisipaliteite. Blankes moet dus nou vir dienste betaal, en swartes nie.
Nou dit is die begin van blankes se probleme.
Munisipaliteite skryf die swart inwoners in swart woongebiede se skuld af, maar moet die uitstaande elektrisiteitsrekening nog steeds aan ESKOM betaal.
Dit beteken doodeenvoudig die bedrae wat deur swart inwoners verskuldig is, en nou ‘afgeskryf’ is, se skuld word doodeenvoudig van die blankes in blanke woonbuurte verhaal.

In plekke soos Montgommery Park, Claremont, Newlands, Whiteridge, Delarey, Sophiatown, Westdene, en omliggende woonbuurte word sowat 500 dagvaardigings per maand aan blanke inwoners bedien, vir uitstaande munisipale fooie.
In een geval het die balju sowat 80 dagvaardigings in sy besit gehad wat hy net op die betrokke dag moes beteken.
Dit beteken blankes word op n groot skaal geteiken vir fiktiewe skuld, waarvan die uiteinde gaan wees, dat hulle hul huise, en enigste bates verloor.
In die NEO-RASSISTIESE bedeling van die ANC, met hul NEO-RASSISTIESE arbeidsbeleid, wat blankes spesifiek van die arbeidsmark en formele ekonomie uitsluit, beteken dit dat blankes al meer op straat gaan beland, mettertyd, as jou vriende en kinders se woonplekke nie nog mense kan vat nie.
Sodra die blankes dan op straat gaan beland, is die tyd waarvoor ons moet baie bang wees.

In menige volksmoorde is teikengroep, of die ‘vyand’ eers op straat uitgesit deur die magshebbers, of diktators.
In die slagting van die Armeniërs deur die Turke, in Viëtnam, in Kambodja, Laos, Panama, Rwanda en elders; is die slagoffers eers uit hul huise gesit, en op straat gesit.
Sodra hulle op straat beland het, was dit die teken vir res van die bevolking en onderdrukkers, om die slagtings te begin. Mense op straat word dan soos gewone kriminele behandel, mishandel, en uiteindelik vermoor.
As haweloses, is dit doodgewoon makliker om die haweloses as kriminele te behandel en te vermoor, selfs deur ‘gematigde’ lede van die bevolking.
Om diè rede, is die handelings van munisipaliteite, n groot rede tot kommer, juis omdat wêreldwyd bewys is as een van die voorwaardes en kenmerke van grootskaalse slagting van ‘n ongewensde kultuurgroep.

Of daar samewerking is op ‘n hoër vlak met die eienaars van banke en munisipaliteite is ook onbekend.
Die logika is dat menige blankes se huise klaar betaal is, en banke nie meer geld maak uit die bates nie. Sodra eienaars van huise en plase vermoor word, beland die eiendom in die mark, en word dit verkoop juis om die boedel van die afgestorwenes af te handel.
In die proses, word dieselfde bate aan n nuwe eienaar verkoop, en begin die proses van voor af waardeur banke weer oor n tydperk van 20 jaar en langer, ‘n inkomste verdien uit die bate, hetsy n huis, plaas of woonstel.
‘n Groot aantal moorde op blankes wat besitters is van eiendom, lei tot n groot aantal nuwe eiendomstransaksies vir banke. Dit is n noodwendige gevolg van al die moorde op blankes.
Hoe die probleem aangespreek kan word, die weet ek nie.

Wat wel gedoen kan word om die vernietigende handelinge van munisipaliteite teë te werk, moet daar inderhaas Belasting Betalersverenigings in elke woonbuurt opgerig word, wat geaffilieer is by die Nasionale Belastingbetalersvereniging onder leiding van Jaap Kelder.
Elke Belastingbetalersvereniging se lidmate betaal n maandelikse fooi aan die betrokke vereniging, wat dan ledegeld aan die Nasionale liggaam oorbetaal. Die Nasionale liggaam kan namens individuele verenigings, hofsake begin, en deurvoor, ook tot op Hooggeregshof, en Appèlhof vlak, namens die lede.
Om ‘n vereniging op te rig is redelik maklik, en geskied deur die plaas van n advertensie in ‘n plaaslike koerant wat die plek en datum aandui waarop ‘n vereniging gestig gaan word.
Daarna kom die inwoners bymekaar, en kies n beheerraad, en onderteken dan ook n standaard grondwet. Daarna kan n bankrekening geopen word vir die belastingbetalersvereniging.
Sodra daar dan dispute ontstaan, word die geld nie meer aan die munisipaliteite oorbetaal nie, maar in die betrokke bankrekening betaal, totdat die dispuut opgelos is .

Jaap Kelder

 

Artikel 4

“Plaasmoorde-klagte ´n sosiale wig ter bevordering van witmense”

 

Hierdie was een van talle skokkende uitlatings deur ´n ANC-diplomaat in Genève, in haar tirade teen ´n aansoek voor die VN se forum vir minderheidsaangeleenthede, dat plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad verklaar moet word.

Op tipies neo-rassistiese wyse het die diplomaat, wie se identiteit deur die regime geheim gehou word, die volksmoord ontken, en dit selfs voor die deur van “familietwis” probeer lê.

Daar word verder volgehou dat die ANC by herhaling bevestig het dat almal in SA welkom sou wees, ook blankes.

Hierdie uitlating word natuurlik gereeld weerspreek deur Jacob Zuma, met sy gewraakte Van Riebeeck-uitsprake en haatliedere, sowel as deur die bewese volksmoord, aldus ´n woordvoerder van Projek2010.

“Ons het ´n naamlys met duisende slagoffers van swart-op-wit haatmoorde wat hierdie bewerings feitelik weerlê.”

Uiteenlopende reaksies op die gewraakte uitlatings vergelyk die optrede by die VN met ANC pogings teen apartheid.

Doktor Frans Cronje, Uitvoerende hoof van die SAIRV, meen die ANC staan nou aan die ontvangkant weens strategiese foute en het ook opgekom vir swart plaasmoord slagoffers.

Insiggewend is dat professor Rhoda Kadalie, voormalige kommissaris van die MRK, insien dat plaasmoorde voedselsekerheid ten nouste raak – ongelukkig het sy in haar andersins goed-deurdagte reaksie steeds die uitdruklike rasse-haat wat agter die moorde skuil, vermy.

Die Departement van Internasionale betrekkinge het intussen, by monde van woordvoerder Clayson Monyela, bevestig dat die gewraakte uitlatings die regime se amptelike standpunt verteenwoordig – “Al die uitlatings wat namens die regering gemaak word, word vooraf getik. Dit is nie haar eie woorde nie.” – Vryburger

10423779_10152410239491512_8574299690891236898_n


 

Enjoyed this post? Share it!