Net in Suid Afrika -Tronkvoël gebruik piesangs as spaarbussie

Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om R600 by die Barberton-tronk in Mpumalanga in te smokkel.

Die drie broers het Saterdag ’n familielid in die tronk besoek. Hulle het ’n vrugtemandjie vol piesangs en appels by hulle gehad, sê Mesia Hlungwani, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste.

Die mandjie, wat vir die gevangene bedoel was, is deur die amptenare deursoek en die geld is in die effens oop gesnyde piesangs gevind.

“Van ’n afstand af het dit nie verdag gelyk nie. Die piesangs wat geld ingehad het, was onder die ander piesangs wat onopvallend gelyk het, gesit,” sê Hlungwani.

Deur: James De Villiers/News24


Enjoyed this post? Share it!