Nier weggegooi

Nier weggegooi

Dit maak nie sin nie. ‘n Mens kan ‘n mes, ‘n rol verbande of selfs ongebruikte spuitnaalde per ongeluk weggooi, maar die Netcare St. Augustine-hospitaal in Durban het ‘n man se nier per abuis weggegooi.
Die ergste van alles is dat hulle dit vir die pasiënt probeer wegsteek het.
Derrick Rodgers (56) is met nierkanker gediagnoseer wat chirurgies verwyder moes word.
Die besmette nier het egter nie by laboratorium uitgekom nie. Rodgers is ontsteld want die laboratorium se ontleding was bepalend vir sy behandeling.
Aanvanklik het nie die uroloog of die hospitaal sy versoeke om die resultate van die laboratoriumtoetse met hom bespreek nie.
Hulle het net vaagweg geantwoord dat hy niks het om hom oor te bekommer nie.
Eers toe hy sy prokureur op hulle gesit het, het die hospitaalbestuurder, dr. Augusta Dorning laat weet dat die histologiemonster per ongeluk na die operasie weggegooi is.
Sy het genoem dat stappe teen sekere personeellede geneem sal word en die hospitaal is baie ontevrede dat so-iets gebeur het.-Vryburger

Enjoyed this post? Share it!