Nog dreigemente aan ons Boere, die keer van Vavi af

Zwelinzima Vavi, wat uitgeskop is as grootbaas van Cosatu en toe sy eie vakbond, Saftu, gestig het, het gedreig om boere een vir een uit te haal.

Vavi wil veral plaaswerkers vir sy vakbond werk, en dan die boere se lewe versuur.

Sonder dat hy een enkele voorval kon aandui, beweer hy dat plaaswerkers deur boere uitgebuit word en onwettig van plase afgesit word. Hy maak die stelling dat boere steeds droom van apartheid en kolonialisme, en hulle werkers in varkhokke laat woon.

Landboukenners het Vavi se stellings met minagting verwerp. Hulle wys daarop dat verhoudinge tussen boere en plaaswerkers inteendeel uitstekend is omdat beide van mekaar afhanklik is. Boere het nooit na kolonialisme gehunker nie, omdat hulle juis vryheid, vry van die verdrukking van kolonialisme, nagestreef het.

“Daar is tans soveel wette tot voordeel van die werker, dat as ‘n werkgewer verkeerd sou optree, dit waarskynlik dadelik aan die groot klok gehang sou word en die boer vervolg word,” het ‘n landbouleier gesê.


Enjoyed this post? Share it!