Nog een van ons bejaardes word vermoor deur terroriste

Die gemeenskap van Warmbad is woedend nadat die 73-jarige mevrou Pat Peterson tydens ‘n plaasaanval vermoor is, en haar 82-jarige man, Robert, in die gesig geskiet is deur die terroriste.

Vier terroriste het die huis binnegegaan. Die egpaar het hulleself toegesluit agter ‘n stewige traliehek in die gang en het dus probeer wegkom. Die terroriste het egter koelbloedig op hulle geskiet.

Die gemeenskap, saam met die HPG en die polisie, het spore probeer volg in ‘n poging om die terroriste te vang. Niemand is sover nog aangekeer nie.

Die voorsitter van TLU SA se Noordstreek en ondervoorsitter van die Waterberg DLU, mnr. Henk van de Graaf, sê dit is duidelik dat die gespuis sagte tekens uitsoek. “Dit wil nie voorkom of die terroristegespuis enigiets geneem het nie, dus kan roof nie as motief aangevoer word nie. Toe mnr. Peterson begin terugskiet het, het die lafaards die hasepad gekies. Dit is jammer dat hy hulle nie in eie munt kon terugbetaal nie en dat sy vrou nou deel van plaasmoordstatistiek moes word.”

Mev. Marcelle Maritz, VF Plus se provinsiale leier, sê die aanval dien opnuut as bewys dat die ANC-regering nie ernstig is oor landelike beveiliging nie. Sy sê die regering se landelike beveiligingsplanne faal omdat die polisie nie behoorlik bemagtig word met voldoende hulpbronne en ondersteuning nie.


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Gerrit Lodewikus Coetzee

    Wat maak dit saak of roof die motief was of nie was nie. Hulle het niks gevat nie want die skote het geklap.
    Ek noem dit net, sodat aandag nie afgelei word nie. Alle misdade is ewe erg.
    Al was dit net roof, dit is uiters traumaties. Vra my, ek is al deur 3 rowe en 8 huisbrake, 1 hi-jacking en 1 kar diefstal en verskeie kar inbrake.
    Ek is slegs bewaar deur God se voorsienigheid. Ek het wapens, maar dit het my nie gehelp nie.