Nog gevalle van plaasterrorisme – dit het net geen einde

Dit wil voorkom of terroriste aanvalle op boere selfs nog meer toeneem nadat die boeregemeenskap sy protes kenbaar gemaak het, en kenners waarsku dat ‘n uiters plofbare situasie aan die ontwikkel is, veral ook na die minister van polisie se negatiewe opmerkings.

Op Vryheid is die 73-jarige Bokkie Potgieter doodgekap, in Griekwastad is mnr. Willem van der Westhuizen doodgeskiet en op Fochville is die 57-jarige mnr. Willie Barnard ook doodgeskiet. In laasgenoemde geval het die bure die terroris aangekeer en aan die polisie oorhandig.

Ook op Ficksburg is ‘n boer vermoor. Hy was die 55-jarige Barry Baars. Hy is in sy bed geskiet.

In die Warmbad-omgewing is ‘n plaasaanval afgeweer nadat die honde vergiftig is en die terroriste besig was om deur ‘n venster toegang tot die huis te verkry. Die boer het waarskuwingskote afgevuur terwyl bure hulle na die plaas gehaas het. Die terroriste het gevlug en is by die pad deur ‘n bakkie opgepik wat weggejaag het.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!