Nog meer Geld om te oes vir die “gravy train”

Nog meer Geld om te oes vir die “gravy train”

ANC-vlaggie-275x275gravy train

Die ANC wil belasting hef op rugby en kriket kaartjies in SA

Die ANC wil ‘n heffing in SA bekendstel (‘n sport kaartjie heffing) waar die Departement van sport en ontspanning ‘n 5% heffing sal ontvang vir die kaartjies wat verkoop word vir professionele sport beoefen in Suid Afrika.

Volgens die Sunday Times is die nuus van die voorgeneme kaartjie heffing op kaartjies vir professionele sport in Maart geloots en die voorlegging is ingesluit in die besprekings dokumente vir die ANC se algemene nasionale vergadering wat geskeduleerd is om in Oktober gehou te word.

Volgens die koerant sal die heffing lei tot ‘n verhoging van kaartjie pryse.

Die Minister van Sport Fikile Mbalula het gesê dit is hoogtyd dat die sport industrie net soos enige ander een belas word met verwysing na die heffing op sport.

“Sport is ‘n hoof bydraer tot die Bruto Binnelandse Produk, maar niemand betaal belasting daarop nie” het hy bygevoeg

Sport base het hulle misnoeë uitgespreek jeens die kaartjie heffing en Kriket SA se Hoofsweep Haroon Lorhat het gesê dit gaan die sport liefhebbers se sakke ruk.

“Om belasting te verhoog met behulp van ‘n kaartjie heffing gaan vir ons ‘n verdere hoofpyn besorg aangesien ons al reeds sukkel om die stadiums vol te maak” het hy verder gesê
Sunday Times 23 August 2015.

Enjoyed this post? Share it!