Nog ‘n bedanking in Steinhoff, niemand anderste as Christo Wiese

Die voorsitter en tussentydse uitvoerende hoof van die beleërde Steinhoff-groep, Christo Wiese, het as voorsitter van die groep bedank. Sy seun Jacob het ook uit die maatskappy bedank.

Steinhoff het verlede week miljarde rand se beleggersgeld verloor toe dit bekend geword het dat rekenkundige syfers verkeerd was en dat die maatskappy se state en resultate as gevolg daarvan nie vrygestel het nie.

Nadat die uitvoerende hoof, Markus Jooste, bedank het, het Wiese self tydelik die leisels oorgeneem.

Hy het besluit om te bedank om “onafhanklike beheer van die maatskappy te versterk.”

Heather Sonn, ‘n lid van die toesighoudende raad en wat al beskryf is as Afrika se rykste vrou, is as waarnemende voorsitter aangestel.


Enjoyed this post? Share it!