Nog ‘n belaglike bonus aan SABC bestuurder

Die SABC het onlangs ‘n staking van personeellede oor salarisverhogings beleef en uiteindelik afgeweer, omdat werkenemers ‘n tien persent verhoging eis, en die SABC sê dat hy nie in staat is vir enige salarisverhoging nie.

Onlangse syfers aan die parlement het ook onthul dat die SAUK tegnies bankrot is, en waarskynlik net deur belastingbetalersgeld staande gehou word om die stem van die ANC te bly as openbare uitsaaier.

Wat die reaksie van werknemers nou gaan wees, sal interessant wees om af te wag nadat dit aan die lig gekom het dat die waarnemende bestuurshoof, Nomsa Philiso, ‘n bonus van R877 000 gekry het, en die feit dat die woordvoerder van die SABC, Kaizer Kganyago, doodluiters sê dat daar “niks ongewoon” is aan die bonus nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!