Nog ‘n Blanke Boer word deel van die statestieke

Die gesprek wat die minister van polisie met Agri SA gehad het oor plaasmoorde, was nog nie eens behoorlik verby nie, of nog ‘n boer word vermoor.

‘n Dokter van Ellisras, dr. Werner Emslie, is op sy plaas buite die dorp doodgeskiet, terwyl sy vrou, dr. Mariëtte Emslie en hulle dogter Barbara, ernstig beseer is.

Skynbaar was daar vier terroriste wat hulle aangeval het, waarvan twee gewapend was. Hulle het met ‘n voertuig van die gesin weggekom, maar die voertuig is later verlate, nie ver van die plaas af nie, gevind. Niemand is nog aangekeer nie.

Die voorval het plaasgevind net nadat die minister van polisie, Fikile Mbalula, ‘n vergadering met Agri SA gehad het en waar hy onderneem het om meer te doen om boere en plaaswerkers se veiligheid te verseker.


Enjoyed this post? Share it!