Nog ‘n eiendom verneukspul ontbloot, dalk word die boeke gekook

Die Nelson Mandela Baai Munisipaliteit het sy eiendomsportefeulje vier keer vergroot.

Dit blyk uit ‘n oudit wat duisende eiendomme uitgewys het wat aan die munisipaliteit behoort maar nie op die boeke aangetoon word nie.

Verskeie amptenare word verbind met die saak waar huur verhaal is maar nooit op die boeke gekom het nie. Die munisipaliteit was glo nie bewus van die eiendomme wat aan hul behoort nie.

Die saak sal volgende jaar deur die polisie ondersoek word.

Die DA-burgemeester Trollip sê dat bykans 2 000 eiendomme betrokke is by die saak wat die raad miljoene rande per jaar kos.

Die vraag is hoe weet ‘n munisipaliteit nie watter is sy eiendomme nie.


Enjoyed this post? Share it!