Nog ’n motoris loop deur op N2 in Durban na klip sy voertuig tref

Nog ’n motoris in Durban het deurgeloop toe ’n klip vanaf die N2-brug oor die Noordkus-pad sy voertuig getref het.

Garrith Jamieson, woordvoerder vir Rescue Care, het Sondag gesê die voorval het om 19:45 naby Glen Anil gebeur.

Die klip is aan die passasierskant deur die Volkswagen Polo se voorruit.

“Die motoris het ligte beserings opgedoen, maar hy is baie getraumatiseer.”

Die slagoffer is egter nie na ’n hospitaal toe geneem nie.

’n Tienermeisie (16) en haar sewejarige broer is in Desember dood toe ’n groot klip langs die N2-snelweg in Umhlali vanaf ’n brug op hul voertuig gegooi is.

Op 6 Januarie is ’n ander motoris hospitaal toe geneem toe ’n klip, wat vanaf ’n brug, ook op die N2 tussen Ballito en Tongaat, sy motor getref het.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!