Nog ‘n nuwe “spesie” mens gevind in SA. Bewyse weereens dat wetenskaplikes NIE WEET waarvandan ons kom nie


Vanaand gesels ons oor die ontdekking wat die hele wêreld aan die gons het – Nuwe “spesie” mens gevind in grot. Indien jy nog nie vandit gehoor het nie lees ek graag wat in die nuus geskryf is

Die grootste enkele fossielvonds in Afrika, wat minstens 15 nuwe menslike voorsate opgelewer het met duisende wat nog in ’n gevaarlike grot lê, kan ook nou die mensdom se uitkyk oor die dood verander.

Die nuwe spesie hominied, Homo naledi, waarvan 1 550 fossiele sover beskryf is, is die tweede nuwe spesie wat binne vyf jaar in die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisgebied in Suid-Afrika gevind is.

Dié aankondiging is Donderdag om 11:00 by die Maropeng-besoekersentrum in die Wieg van die Mensdom in Gauteng, deur prof. Lee Berger, paleontoloog van die Instituut van Evolusionêre Studie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), gedoen.

Hy is ook Suid-Afrika se enigste inwonende ontdekkingsreisiger van die National Geographic-genootskap.

Die fossiele is in 2013 in die Rising Star-grot nie ver nie van Sterkfontein, waar Mev. Ples in 1947 gevind is, ontdek.

Op een plek is die tonnel 17 cm nou en van die kleinste vroue in die veld van paleontologie is ingespan om die fossiele uit te haal.

dinaledi_cave4_FINAL.ngsversion.1440173941173

 

 Ek haal hom aan:
“Ons het duisende bene in die grot agtergelaat wat nog uitgehaal moet word. Het hy gesê  – Daardie vloer is letterlik gemaak van bene. Die area wat ons uitgegrawe het, is maar net 1 m x 1 m groot en net ’n paar sentimeter diep.

Daar is dekades se werk wat voorlê,” sê Berger. Die grotkamer waar dit gevind is, is Dinaledi gedoop. Naledi, die spesienaam, beteken “ster” in Sotho.

Daar was geen ander fossiele nie, buiten dié van ’n paar voëls.

Nadat hulle alle ander moontlikhede uitgeskakel het, het die groep van meer as 60 internasionale kenners van verskeie lande tot die bevinding gekom dat dié menslike voorsate hul dooies in die grot gegooi of gesleep het.

Maar daar is geen bewyse van ’n ander opening nie en hulle moes moeite gedoen het om die dooies – van piepklein babas tot bejaardes – in die grot te kry weg van diere.

 

“Dit beteken hulle het ’n begrip van sterflikheid en die dood gehad.

Dus het nie net moderne mense hul dooies op ’n manier begin begrawe nie.

Olifante begrawe nie hul dooies nie, dit is ’n mite.

Hier het ons die eerste keer ’n ander dier as die mens wat dit doen en dit gaan ons hele begrip verander van wie en wat ons is,” sê Berger.

Die liggame het nie ingeval nie en daar is nie beserings aan hulle nie.

Hulle het hul dooies opsetlik daar kom plaas. “Hulle het ’n begrip van die dood gehad.”

Die datering van die fossiele is nog nie gedoen nie, omdat die span nie heeltemal seker is nie.

 

Berger het aan Netwerk24 gesê: “Ons sal dit net aankondig wanneer drie verskillende metodes dit onafhanklik aan ons bewys.

Die wortel (die ontstaan) van dié spesie is tussen 2,5 miljoen en 2,8 miljoen jaar oud, máár die fossiele kan enige ouderdom wees – ons weet tans nog net nie.

Wat ons kan sê hulle kom uit dieptyd uit, en dit is primitief.”

Om soveel fossiele (veral van daardie ouderdom) te kry is ongehoord.

Daar is net een plek in Spanje met bene van 300 000 jaar oud wat moontlik meer het. “Die hele rekord van vroeë Homo is soveel as die eetgoed op daai tafel,” het Berger Maandag op ’n mediageleentheid gesê.

Die fossiele wat gevind is, lyk almal baie na aan mekaar, daar is min diversiteit.

Sou ’n mens vandag ’n begraafplaas opgrawe sou wat jy kry meer van mekaar verskil as hierdie fossiele.

Dit is moontlik dat hulle verwant was aan mekaar. Die grot was nog die hele tyd in die donker en dit kan moontlik wees dat die spesie vuur kon beheer, omdat Swartkrans, waar die eerste bewyse van beheerde vuur gevind is, net 800 m daarvandaan is.

 

Dat Homo naledi die menslike stamboom gaan skud, is seker. Dit gaan ’n drastiese uitwerking hê op hoe ons moderne menslike gedrag beskou, het prof. John Hawks, paleontoloog aan die Universiteit van Wisconsin-Madison wat ’n groot bydrae tot die werk gelewer het, gesê.

gurche_naledi_digital.ngsversion.1440242522230

Met hul lenige, lang liggaamsbou van tot 1,5 m sou hulle maklik lang afstande in die grasland kon aflê, maar die bene wys ook dat hulle kragtige gewrigte gehad het en dus goed gespierd was.

Hoewel die brein klein was, net so groot soos ’n lemoen, is die skedelvorm baie ná aan die van moderne mense. Dit geld ook die tande – al is hulle net kleiner weergawes.

Die borskas tot by die bekkenbeen is primitief, maar daarna raak die bou weer modern.

Die voete kan omtrent nie onderskei word van dié van mense nie. Die arm, palm en gewrig is modern en die vingers het ’n unieke kurwe, veral die duim wat daarop dui dat hulle nog kon klim en klouter.

In die Rising Star-grot is ’n volledige hand van ’n individu gekry net soos sy gesterf het.

Die doodsgreep het bewaar gebly met die vingers na bo en binne gekrom en net een enkele beentjie is vermis, vertel dr. Marina Elliott van die Simon Fraser-universiteit naby Vancouver, wat dit ontdek het.

 

In 2010 is die ander nuwe spesie aangekondig, Australopithecus sediba.

Dié spesie van 1,977 miljoen jaar gelede is op die Malapa-terrein buite Sterkfontein gevind. ’n Unieke laboratorium is oor die terrein, waar opgrawings tans plaasvind, gebou. ’n Jong vrou en tienerseun is al beskryf, maar na verneem word, is daar ook minstens vyf individue gevind.

 

Honderde fossiele van die nuwe menslike voorsaatspesie, Homo naledi, wat onder leiding van navorsers aan die Universiteit van die Witwatersrand se prof. Lee Berger, paleontoloog van die universiteit se Instituut van Evolusionêre Studie, en tientalle ander kenners van oor die wêreld heen beskryf is. Minstens 15 individue se bene is gevind.

 

Sy sal nooit die dag vergeet toe sy stukke van ’n skedel en ’n onderkaak met tande in die Rising Star-grot gevind het nie.

Sy het geweet, hier is iets groots. Só beskryf dr. Marina Elliott die gevoel met die eerste groot deurbraak in November 2013 toe ’n span van 60 mense ’n maand lank by die grot kom werk het om te sien wat hier werklik is.

 

Die verhaal begin op die aand van 13 September 2013 toe twee grotkruipers, Steven Tucker en Rick Hunter, in die grot kom rondsnuffel het.

Die grot is gevaarlik met verskeie kronkels en draaie. Toe hulle tande sien en wat na ’n kaak lyk, het hulle geweet hulle het op iets groots afgekom, maar hul kamera se batterye was pap en hulle kon dit nie afneem nie.

 

Hulle het Pedro Boshoff gebel, want prof. Lee Berger het hom gevra om grotte in die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisgebied te fynkam vir fossiele.

 

“Ons het Lee probeer bel, maar hy het nie sy foon geantwoord nie. Ons het die aand 21:00 na sy huis toe gery. Toe ons hom vertel wat ons gekry het, het hy woorde gesê wat ons nie kan herhaal nie,” sê Tucker.

En toe drink hulle ’n paar biere.

Arrowsbig

Vinnige feite tot die nuwe fossiel-ontdekking.

Hoe weet die navorsers dit is ’n nuwe spesie?
Die ongewone kombinasie van eienskappe in Homo naledi se skedels en skelette is nog nie voorheen in enige ander vroeë hominied-spesie gesien nie.

 

Dit deel wel eienskappe met ander soos Australopithecus sediba en Australopithecus africanus (die Taung-kind en Mev. Ples) en sommige met die genus Homo (soos moderne mense, die Neanderdal-mense en Homo erectus) én het eienskappe wat uniek is aan die wetenskap.

 

Hoe weet hulle dit behoort aan dieselfde genus as die van die mens?

Die brein is klein, baie soos die van die Australopithecus-spesies, maar die vorm van die skedel is baie soos die van moderne mense.

Dit het byvoorbeeld herkenbare tande, kake, voete, hande en bene wat eie is aan die genus.

Hoe oud is die individue wat gevind is?

Die individue se ouderdomme kan deur hul tande bepaal word. Die jongste het kort ná geboorte gesterf en die oudste was bejaard met tande wat afgeslyt was.

Tot dusver is 15 individue gevind – agt was kinders van verskeie ouderdomme en vyf was beslis volwassenes, met twee wat of jong volwassenes of ouer tieners was.

Wat is die impak daarvan as die fossiele baie oud of baie jonk is?

Indien die fossiele, waarvan die datering nog nie vasgestel is nie, sowat 2 miljoen jaar oud is, sal dit die vroegste voorkoms van Homo wees wat gegrond is op meer as net ’n geïsoleerde fragment.

Aan die ander kant, indien die fossiele jonger as een miljoen jaar is, sal dit wys hoedat verskillende soorte oermense op dieselfde tyd in suidelike Afrika geleef het.

Gegewe die primitiewe skeletaanpassing van dié spesie kan dit groot implikasies vir die ontwikkeling van die argeologiese rekord in Afrika hê.

Dit kan ook groot implikasies vir ons begrip van die oorsprong van komplekse gedrag hê, want daar is voorheen gedink dit het eers sowat 350 000 jaar gelede ontstaan met spesies wat nie baie anders as ons was nie.

 

Hoekom is dit so moeilik om te dateer?

Anders as in ander grotte was daar nie fossiele van ander diere om dit mee te vergelyk nie.

Daar was ook min drupstene wat direk met hulle verbind kan word en dié wat wel daar is, is vol klei wat dit moeilik maak om te dateer.

Die fossiele lê op sagte sediment wat dit moeilik maak om te bepaal wanneer dit aanvanklik neergelê is.

Omdat die fossiele so uniek is, sal ’n datum net aangekondig word wanneer die paleontoloë heeltemal seker is.

Hulle is terug na die grot om foto’s te neem.

Toe hy dit sien, het hy gesê ons lewe gaan vir altyd verander. En dit het.

Albei werk nou voltyds vir Boshoff en hulle soek fossiele in grotte. En daar is baie.

Vroeg in Oktober is hulle na die grot saam met Berger en sy seun Matthew, toe 16 jaar oud.

Berger het vroeër aan Die Burger gesê. “Ek het lank in die donker gesit en wag dat hy uitkom. Ek het nie gevra of hy oukei is nie, maar net: ‘En? En?’ Sy antwoord was: ‘O, Pa, dis fantasties’.”

Hy het vinnig gespeel en het National Geographic gekontak vir steun, omdat hy een van hul ontdekkers is. Kort daarna het hy op sosiale media ’n advertensie uitgestuur. Hy was op soek na “kleingeboude grotkruipers met paleontologiese, antropologiese of opgrawingskwalifikasies” en 57 mense gekry. Uiteindelik is ses hoogs gekwalifiseerde vroue gekies vir die taak om opgrawings in die nuut gevonde grot te doen.

IMG_9832t_pair_mobile.ngsversion.1441879200616.adapt.676.2

Teen November 2013 was die kenners op die terrein waar hulle in tente geleef en gewerk het, hulle het daar geëet, gestort en gewerk, sê Elliott. “Mense moet besef, die meeste paleontoloë vind nooit self iets nie, wat nog te sê ’n nuwe spesie. Soms vind hulle ’n paar fragmente. Indien hulle in Oos-Afrika ’n paar bene vind, is hulle vreeslik bly. Hier het ons duisende gevind, nie uitgestorwe diere nie, maar menslike voorsate. Dit is ongelooflik.”

Tot 50 fossiele per dag is uitgehaal. Wits moes elke paar dae ’n kluis laat aflewer. Berger het aan Netwerk24 gesê: “Ek het nie ingepas (in die grot) nie, maar ander het, veral die span vroue. Hulle het hul lewe gewaag om dit uit te kry, want ’n mens kan nie ’n harnas dra nie, dan pas jy nie. Mense was tot sewe uur lank in die grot.” Dit het hulle tot 45 minute geneem om die Dinaledi-kamer waar die fossiele is, te bereik.

In die mond van die grot het hy Maandag gesê: “Julle sit nou 200 m van ’n plek waar julle nooit sal kom nie, ek ook nie. Mense het vir my gevra hoekom blaas ek dit nie oop om toegang te vergemaklik nie, maar dit is nie reg nie. Die rotse is 3,8 miljard jaar oud.

Ons het mense wat kan ingaan – dit is ’n bietjie soos ’n ruimtereis, terug in tyd

.” Terwyl hy vir die media wys waar die ingang van die dieper grot is, sê hy: “Wees versigtig, hier is ’n gat, hier links, as jy hier inval, is jy dood. Jy sal hier doodgaan.”
MM8345_141105_06254.ngsversion.1441879202876.adapt.1190.2

Enjoyed this post? Share it!