Nog ‘n plaasaanval – dink jy jy het genoeg ‘gadgets’ om jou eiendom te beveilig.

‘n Man wat die slagoffer was van ‘n aanval waartydens hy met ‘n strykyster gemartel is, glo dat sy geloof en openlike belydenis van God hom gered het van ‘n gewisse dood.

Bowendien sê hy die voorval sal hom nie van die hoewe waar hy woon afkry nie.

Die 35-jarige mnr. Anton Muller is op ‘n hoewe tussen Delmas en Springs deur vier terroriste sonder enige bedekking oor hulle gesigte, aangeval en met die dood gedreig as hulle nie geld kry wat hulle glo in die huis is nie.

Hulle het die huis omgekeer en in chaos gelaat sonder dat hulle geld gekry het. Hulle het mnr. Muller egter geslaan in sy gesig en hom in sy onderlyf en hoog op teen sy lieste met ‘n strykyster gebrand.

Die mans het hom uiteindelik met plastiekkabels vasgebind en die hasepad gekies met kontant, televisie, klanktoerusting, vleis, klere en ‘n boormasjien.

Muller sê hy sal beslis terugkeer na die kleinhoewe. “Hulle gaan my nie daar weghou nie, hulle gaan nie wen nie!”

Die kleinhoewe word met ’n muur, elektriese heining en kringtelevisiekameras beveilig. “Jy kan maak wat jy wil. As ’n misdadiger wil inkom, sal hy inkom,” sê Muller. “Al wat jou op die ou end sal help, is jou geloof.


Enjoyed this post? Share it!