Nog ʼn skool beskadig

Vaal universitietAsof die veertig skole wat die afgelope weke in die noorde van die land beskadig en afgebrand is nie al genoeg was nie, is nóg ʼn skool beskadig, diékeer Orlando High School in Soweto; nogal deur die leerlinge. ʼn Kantoor en die skoolbiblioteek is deur ontevrede leerlinge verwoes oor ʼn onderwyser aangeleentheid.

Die land ondervind ʼn nasionale skoolkrisis en die vermindering in fasiliteite word elke keer as verskoning deur die owerheid misbruik om Afrikaanse skole binne te dring, die bestaande etos te vernietig en te verander na Engels.

Die leier van die opposisie, Mmusi Maimane, het tydens die vrystelling van die sy party se politieke manifes gesê dat die onderwyskrisis in die land te wyte is aan apartheid. Die ANC-bewind het die land se regering 22 jaar gelede oorgeneem en onderwys deurentyd verander met ideologie, ouerbeheerinmenging, bestuurstruktuurveranderings en verengelsing.

Bron:Vryburger

Enjoyed this post? Share it!