Nog vermorsing van die belastingbetalers se geld?

Kubane wat gewerf is om in die Vrystaat te kom werk, sal nie net luuks woon en goed betaal word nie, anders as gewone Suid-Afrikaners, sal hulle ook 24 uur per dag opgepas word.

cubans
Die Vrystaatse premier, Ace Magashule, se plan om verantwoording vir sy oordadige en duur werwingsreis van R14 miljoen na Kuba te doen, is om nou bankrot munispaliteite te dwing om Kubane in diens te neem.
Roy Jankielsohn, leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer sê die provinsiale regering plaas onwettig druk op munisipaliteite deurdat hy sukkelende Vrystaatse munisipaliteite dwing om groot bedrae geld te bestee om Kubane in diens te neem wat hulle nooit gewerf het nie.
Jankielsohn sê dit is ongrondwetlik en neem kaderindiensneming tot ’n volgende vlak.
Munisipaliteite is nou verlengstukke van Magashule se beskermende netwerk wat nou Kubaanse kaderontplooiing insluit, meen hy.
Jankielsohn sê Kubane wat deur die provinsiale regering ingevoer word, sal in luuksheid in die provinsie bly en sal reuse-salarisse kry van altesaam R185 miljoen oor drie jaar.
Magashule gaan te kere asof hy ’n arbeidskonsultant vir Kuba ten koste van die werklose Suid-Afrikaners is, sê hy. Hy het ook die wetgewer mislei deurdat hy die massiewe las om die Kubane te betaal, gerieflikheidshalwe na die munisipaliteite verplaas het, sê Jankielsohn .
Van die voordele wat die Kubane gaan kry en waarvoor die munisipale belastingbetalers sal moet opdok, is:
‘n Jaarlikse salaris van R596,118 tot R670,890; gratis vlugte na Kuba, asook vervoer in Suid-Afrika, met 120 kg vir hul bagasie om ware na Kuba terug te neem nadat hul kontrakte ten einde geloop het; gratis ten volle gemeubileerde eenhede wat meubels, linne, televisiestelle, breekware en messegoed insluit, asook ’n 24 uur- gewapende beveiligingsdiens en hoë veiligheidsmure of bedrading rondom hul woonplekke; en selfoonkontrakte van R1 200 per maand.
Kenners skud net die kop oor veral die beveiliging van die Kubane en sê dit is ‘n duidelike erkenning dat die regering besef hoe gevaarlik die land is.-Vryburger

Enjoyed this post? Share it!