Noord-Korea besit dalk kernwapens

Die kommunistiese regering van Noord-Korea besit dalk reeds kernwapens en mag dit dalk al getoets het saam met sy ballistiese missiellansering van die afgelope week.

Dit is die mening van ’n wapendeskundige, nadat dit bekend geword het dat die kommunistiese leier, Kim Jong-Un, aangekondig het dat die lansering ’n reuse sukses was.

Die kommunistiese diktator sê die lansering van die toetsmodel was ’n sukses en die ontwikkeling daarvan word gedoen om enige aggressie van Suid-Korea of Amerika teen te staan.

Volgens berigte in die KCNA is die kommuniste se jongste sukses nog ’n tree nader aan die bereiking van ’n effektiewe aanvalswapen teen Westerse aggressie.

Die jongste toetse het getoon dat die ballistiese missiel sowat 520 kilometer reikafstand het, wat in die rigting van Japan afgevuur is, en die vermoede bestaan dat die land nog verdere ontwikkelings projekte op die agenda het om langer afstande te bereik.

Kim Jong-Un het glo gesê die toetse om ’n ballistiese vuurpyl te ontwerp wat ’n kernkop dra en ’n lang reikafstand het, steeds die volle aandag kry.

Bron: Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!