NTA taxi vereniging – Gewelddadige staking verwag

Terwyl die polisie steeds vermeende organiseerders van die ordelike en vreedsame Swart Maandag protesoptredes vervolg omdat hulle nie twee weke vantevore toestemming daarvoor gevra het nie, sluimer ‘n veel groter bedreiging.

Die NTA taxi vereniging beplan more ‘n algehele staking en gaan op verskeie plekke optogte hou om petisies te oorhandig. Dit is nie seker of hulle twee weke vooraf toestemming gevra het nie.

Soortgelyke aksies in die verlede het gely tot erge verkeersontwrigting gelei en in verskeie gevalle selfs gewelddadig geword waar mense se voertuie beskadig is of waar vaste eiendom ook beskadig is.

Die optrede van die protesteerders en die optrede van die polisie sal fyn dopgehou word.

Foto: ‘n Vorige taxi protesoptrede

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!