Nuusbrokkies van belang gedurende die laaste week


Die kans is groter dat Suid-Afrikaners binnekort permanent sonder krag en in die donkerte gaan sit as die kans dat dit nié gaan gebeur nie.

“Ek glo dat die waarskynlikheid van ’n totale ineenstorting [van die kragnetwerk] meer as 50% is,” het Ted Blom, ’n energie-ontleder, aan die nasionale energiereguleerder (Nersa) gesê.

Dit is iets wat die land nie kan bekostig nie, want dit kan enigiets van tussen ’n week en twee weke neem vir die netwerk om weer te herstel – en “ek praat nie eens van die chaos wat intussen sal gebeur nie,” het Blom gesê.

Volgens hom is dit ’n onderwerp wat maar stil gehou is tot verlede Woensdag, toe Eskom gesê het die waarskynlikheid dat ’n totale ineenstorting “nul” is.

Blom het sy berekeninge voorgelê aan die Nersa-paneel, wat moet besluit oor tariefverhogings vir Eskom, en gesê die normale veiligheidsmarge wêreldwyd is sowat 6,5 gigawatt (GW), of sowat 15%. Die veiligheidsmarge is die verskil tussen hoeveel krag Eskom kan lewer en wat die vraag daarna is.

“Eskom se nuwe winterstrategie, wat hulle met trots verlede week aangekondig het, sal slegs ’n veiligheidsmarge van 1 000 MW hê en dit is rofweg 2,5% van wat as ’n gepaste veiligheidsmarge beskou word,” sê Blom.

“So volgens dit – en ek is gewillig om enigiemand uit te daag . . . – voorspel ek dat daar ’n hoër as 50% waarskynlikheid van ’n totale ineenstorting van die kragnetwerk is.”

Blom het ook die stand van sake by Eskom bespreek en op verskeie tekortkominge gewys, insluitende steenkool, water en instandhouding.

“Ek dink nie dit [Eskom] gaan vyf jaar in sy huidige toestand oorleef nie . . . besluit julle maar self,” het hy gesê.

“Ek dink dit is duidelik dat hierdie Eskom nie volhoubaar is nie, ’n feit wat ouditeure jare gelede moes bekend gemaak het en ek wonder hoekom hulle nie het nie . . . Miskien wil hulle nie die ouditkontrak verloor nie.”

Blom het ook gesê Nersa moenie die versoek van Eskom vir ’n verdere tariefverhoging toestaan nie.

Eskom soek ’n verhoging van 24,78%. Hy het reeds ’n 12,6%-verhoging ontvang wat deel van die 24,78% uitmaak.

 

 

10805849_10152987977164382_5691044511886987786_n

 

Goeie Nuus Die energie reguleerder het Eskom se aansoek om ‘n tarrief verhoging van 25% in te stel afgekeur.

 

Beurtkrag Bedreig SA se Kos Voorsiening

June 23, 2015 –

SAKE – Suid-Afrika beleef sy ergste droogte in 20 jaar. ’n Bykomende Eskom-tariefverhoging kom op die moeilikste tyd denkbaar en kan daartoe lei dat Boere nie genoeg kos sal kan voorsien nie.

Thabi Nkosi, senior ekonoom van Agri SA, het gesê Agri SA het Eskom skriftelik gewaarsku die mielie-oes het vanjaar gedaal van 2014 se ­14,25 miljoen ton tot sowat 9,6 miljoen ton. Die landbousektor het al vanjaar ’n geraamde skade van R9,1 miljard gely weens die droogte, wat tot groot skuld onder Boere gelei het. Dit plaas voedselsekerheid en duisende plaaswerkers se werkgeleenthede, in ’n sorgwekkende posisie.

Agri SA het ’n spesiale vergadering vir vandag met Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, oor die kragkwessie aangevra. Vandag is ook die eerste van twee dae van openbare verhore in Pretoria, Sentraal-Transvaal deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) oor Eskom se aansoek om ’n 12,7%- toename in die kragtariewe benewens die 12,6% wat al toegestaan is.

Die DA het Maandag ses redes voorgelê waarom Nersa nie die voorgestelde tariefverhoging moet aanvaar nie. Suid-Afrika is tans in ’n veel weerloser toestand as toe Nersa sy mees onlangse tariefbepaling gedoen het. Ekonomie kan eenvoudig net nie nóg ’n skok van ’n skerp elektrisiteitsprysverhoging hanteer nie. Tariefverhogings kan volgens hom bestaande en toekomstige werkgeleenthede kelder.

Voorts is Eskom volgens die DA ’n “ewig groeiende swart gat” en kon die kragvoorsiener selfs met effektief verdubbelde elektrisiteitspryse sedert 2009 nie sy finansiële posisie stabiliseer nie. Hy benodig steeds gereeld “regeringsreddingspakkette” om kop bo water te hou. Volgens Mackay is daar bespiegeling dat Eskom meer as die markprys vir brandstof betaal en nie kritiek belangrike inligting oor sy steenkool- en dieselkontrakte bekend maak nie.

Vyfdens is Eskom se pleidooi aan Nersa vir die prysverhoging misleidend, volgens die DA. Eskom voer aan daar is ’n onvoldoende brandstofbegroting vir die aankoop van diesel. Eskom se afhanklikheid van diesel is volgens Mackay te wyte aan wanbestuur, die oorskryding van koste en die vertraging van bouwerk aan die Medupi- en die Kusile-kragsentrale.

Sesdens glo die DA daar moet ander finansiering wees. Volgens Mackay het hulle voorgestel dat Eskom 30% van sy aandele beskikbaar stel en dit aan institusionele beleggers verkoop wat “miljarde rande” kan inbring wat die kragverskaffer kan stabiliseer en Suid-Afrikaners se werkgeleenthede nie negatief sal raak nie.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het gesê die onderskeie rolspelers moet hul standpunte oor die tariefverhoging stel, nes Eskom syne ook aan Nersa gaan stel – Netwerk 24

 

Substasie Ontploffing Oorsaak van Beurtkrag

June 25, 2015 –

Argieffoto

JOHANNESBURG – ’n Ontploffing Woensdag­oggend in die Apollo-substasie in Sentraal-Transvaal het dalk daartoe bygedra dat fase 1-beurtkrag die middag ingestel is.

Dit het ’n verlies van meer as 1 300 MW krag meegebring. Teen 09:20 is dit gedeeltelik herstel. Fase 1-beurtkrag is 16:00 ingestel weens ’n groter vraag na elektrisiteit en ’n tekort aan opwekkingsvermoë weens tegniese foute by sommige kragstasies,” het ’n woordvoerder gesê.

Weens die ontploffing kon krag nie van Cahora Bassa na die substasie gestuur word nie, volgens Moises Machava, tegniese direkteur van HCB, die maatskappy wat Cahora Bassa bedryf – Netwerk 24

 

Opposisie Vrees Geld sal in Swart Gat Verdwyn

June 25, 2015 – Wes-Kaap Nuus –

Argief foto

KAAPSTAD – Twee wetsontwerpe wat ’n reddingsboei van miljarde rande aan Eskom moontlik sal maak, is Woensdag in die Nasionale Vergadering in die afwesigheid van die grootste opposisiepartye goedgekeur.

Afgesien van enkele LP’s was die DA, EFF en VFPlus se banke leeg toe die raad die R23 miljard-kontantinspuiting en die omskakeling van ’n lening van ’n R60 miljard in eienaarsbelang aan Eskom goedgekeur het. In teenstelling daarmee was die ANC-banke, ook die ministers se sitplekke, vol.

Politieke partye was krities oor die goedkeuring van die reddingsboei en het aangevoer Eskom was self verantwoordelik vir die situasie waarin hy is weens buitensporige bonusse aan topbestuurslede en duur spysenieringskontrakte. Die partye het die vrees uitgespreek dat dié geld in ’n “swart gat” sal verdwyn.

Volgens Dr. Pieter Groenewald van die VFPlus het Eskom gevra vir R23 miljard, maar sal Vrydag ’n tender uitreik vir die gereelde lewering van 300 koeke by sy hoofkantoor. Dr. Malcolm Figg, DA-LP, het blykbaar bygevoeg Eskom is “platsak, leierloos en rigtingloos”. Beurtkrag het reeds aansienlike ekonomiese skade aangerig, en ’n tariefverhoging sal onherstelbare skade veroorsaak. Volgens hom is R23 miljard gelykstaande aan “100 Nka­ndlas”.

Hy was ook krities omdat geen besonderhede beskikbaar is van watter staatsbates verkoop gaan word om die R23 miljard-kontantinspuiting aan Eskom beskikbaar te stel nie. Nhlanhla Nene, minister van finansies, het gesê dié inligting “sal voor einde Junie” bekend wees – Netwerk 24

 

So word Brandstof en Gas Woensdag Duurder

June 29, 2015 

Brandstof pryse styg vir Julie.

Maak maar die tenk vandag vol en ry maar stadig as jy dié skoolvakansie rondry, want 95 oktaan brandstof word eerskomende Woensdag 41c per liter duurder en 93 oktaan  word 44c per liter duurder.

As jy ’n dieselvoertuig ry, sal jy net 4c per liter meer moet opdok. Die rand het sedert einde Mei met 40c teenoor die dollar verswak en die gemiddelde internasionale prys van petrol het effens gestyg, sê die departement van energie in ’n verklaring.

Dit is grootliks te wyte aan die styging in die vraag na petrol in Europa, waar die somervakansie begin, en aan groot aankope in Asië vóór die vasmaand Ramadaan. Die internasionale prys van diesel het effens gedaal, maar die rand het steeds die prys effens opgedruk. Paraffien word 8c per liter duurder en gas sal 56c per kilogram meer kos. Die prys van 93 oktaan petrol word 44c per liter duurder – Afrikaanse Nuus

 

Toestand van Paaie Stem nie Ooreen met Sanral se Bewering

June 25, 2015 –

Argief foto

KAAPSTAD – Minder as een kilometer van die 176,1 km paaie wat deel is van Sanral se voorgestelde Wynland-tolprojek moet herbou word.

Dié evaluasie van die toestand van die N1 en N2 se oppervlak binne die voorgestelde tolpadprojek is gemaak deur ’n siviele ingenieur van die Kaapse stadsraad se direktoraat van vervoer, Ian McDonald.

McDonald se beëdigde verklaring oor wat hy meen onnodige werk is, maar wat Sanral aanvoer nodig is as deel van die tolpadprojek, is een van die dokumente wat die Kaapse stadsraad by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien het. Die stadsraad doen aansoek om die voorgestelde Wynland-tolpadprojek onwettig te laat verklaar. Toestand van paaie is nie so sleg nie.

Volgens McDonald blyk dit onnodig te gewees het dat groot dele van die pad herbou moes word toe Sanral die projek in Maart 2010 op tender uitgesit het: Daar was minder as 1 km herbouing en sowat 26 km rehabilitasie beplan oor die 176,1 km. Die Kaapse stadsraad voer aan dat die toestand van die paaie nie ooreenstem met wat Sanral in 2008 aan die minister van vervoer voorgehou het as rede waarom tolpaaie nodig is nie.

In ’n beëdigde verklaring van Sanral se uitvoerende hoof, Nazir Alli, en wat ook by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is, voer hy aan dat die toestand van die padoppervlak wys dat die tolprojek “dringend nodig” is. Volgens ’n verslag van Sanral waarin voorspel is wat die toestand van paaie binne die tolpadnetwerk teen einde 2010 sou wees, word aangevoer dat ongeveer 40% van die padoppervlak ernstige rehabilitasie nodig het en ongeveer 15% ligte rehabilitasie. Volgens Alli het die toestand van die paaie só agteruitgegaan sedert die tenderkontrakte opgestel is dat dit nie meer net ongeveer 26 km is wat ernstige rehabilitasie nodig het nie, maar “êrens tussen 60 km en 70 km”.

Tweede tonnel by Hugenote-tonnel nie dringend nodig: Die Kaapse stadsraad voer aan dat indien die veiligheidstoerusting in die bestaande Hugenote-tonnel vervang moet word, moet dit in elk geval gedoen word en Sanral moet dit vervang. Daar word reeds tolgeld gevra, waarvan ’n gedeelte moet gaan om die tonnel se toerusting te vervang. Indien dié tolgeld onvoldoende is, moet dit verhoog word.

Die Kaapse stadsraad het bekend gemaak dat volgens Sanral sal dit R1 miljard kos om die tweede tonnel oop te stel, terwyl dit slegs enkele miljoene rande sal kos om die (huidige) suidelike tonnel se veiligheidstoerusting op te knap. Volgens Alli is die tweede tonnel dringend nodig om aan internasionale veiligheidstandaarde te voldoen.

Volgens standaarde van die Europese Unie (EU) sal die verwagte verkeersvolume teen 2017 hoër wees as wat toelaatbaar is. Die huidige ventilasiestelsels voldoen nie aan EU-standaarde nie. ’n Onvoldoende hoeveelheid rook kan van ’n ongelukstoneel verwyder word, voer Alli aan. Die “uiterse noodsaak” waarom die tweede tonnel oopgestel moet word, gaan nie daaroor dat die verkeersvolume binnekort volle kapasiteit sal bereik nie, maar die “veiligheidsrisiko” wat dit vir padgebruikers inhou. Die tweede tonnel moet oopgestel word sodat elke tonnel net eenrigtingverkeer dra. Dit sal help indien noodvoertuie in die tonnel op ’n noodgeval moet reageer.

Ongelukke op Sir Lowryspas: Die Kaapse stadsraad voer aan dat daar volgens Sanral ’n onaanvaarbare hoë frekwensie van padongelukke tussen Sir Low­ryspas by Gordonsbaai en die Houwhoekpas by Botrivier is weens die “ewigdurende toename” in verkeer.

Volgens die stadsraad het die verkeersdruk op dié deel van die N2 tussen 2008 en 2011 eerder afgeneem en word padongelukke veroorsaak deur baie meer faktore as die toestand van paaie. Die stadsraad voer voorts aan dat ’n alternatief vir tol op dié pad is om swaar vragmotors met ’n verkeersbestuurplan te dwing om bo-op Sir Lowryspas stil te hou en dan in ’n toegewyde baan en in ’n laer rat teen die berg af te ry – Netwerk 24

e-toll

Etoll Word Dalk Augustus as Onwettig Verklaar

June 24, 2015 –

E-tolstelsel word dalk as onwettig verklaar.

KAAPSTAD – Waar is die bewyse dat die Sanral-direksie die voorgestelde Wynland-tolprojek en die Sentraal-Transvaalse-e-tolprojek wetlik goedgekeur het?

Dít is van die vrae wat Sanral sal moet beantwoord wanneer die Kaapse stadsraad se aansoek om die besluite oor die N1- en N2-Wynland-tolprojek onwettig te laat verklaar op 11 Augustus voor die Wes-Kaapse hooggeregshof dien.

Net soos wat prokureurs van die Kaapse stadsraad géén skriftelike bewyse kon opspoor wat bewys dat Sanral se direksie die voorgestelde Wynland-tolprojek voor 2008 goedgekeur het nie, kon daar ook nie soortgelyke dokumentêre bewyse opgespoor word vir die Sentraal-Transvaalse e-tolprojek nie.

Ingevolge die Wet op Sanral en Nasionale Paaie moet die Sanral-direksie eers ’n tolpad verklaar, waarna die minister van vervoer se toestemming verkry moet word. In die geval van die Wynland-tolprojek is die direksie eers verlede jaar gevra om dele van die N1 en N2 tot tolpaaie te verklaar. Dié inligting is vervat in hofdokumente wat by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is in die stadsraad se aansoek om die besluite oor die N1- en N2-Wyn­land- tol­projek onwettig te laat verklaar.

Die munisipale bestuurder van Kaapstad, Achmat Ebrahim, voer in hofstukke aan dat vrae ontstaan het of dié skriftelike bewyse wel vir die Sentraal-Transvaalse e-tolprojek bestaan nadat Sanral ontwykend was oor die bestaan van dokumente oor direksiebesluite ten opsigte van die Wynland-tolprojek. Regsverteenwoordigers van die Kaapse stadsraad het die hofdokumente nagegaan wat by die Noord-Sentraal-Transvaalse hooggeregshof ingedien is, maar kon geen skriftelike bewyse vind dat die Sanral-direksie die paaie van die Sentraal-Transvaalse e-tolprojek tot tolpaaie verklaar het nie.

Volgens Ebrahim het Wayne Duvenhage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), in ’n beëdigde verklaring aangevoer dat hy kennis van elke fase van Outa se regstappe het. Outa het egter nié die kwessie [dat geen skriftelike bewyse opgespoor kon word dat die Sanral-direksie die Sentraal-Transvaalse (Gautengse)-etolpaaie goedgekeur het] in sy hofaansoeke gebruik nie. Om dié rede is dit nie deur die Noord-Sentral-Transvaalse hooggeregshof of die konstisionele hof oorweeg as ’n rede om die Sentraal-Transvaalse e-tol onwettig te verklaar nie.

Duvenhage het Die Burger se navraag na ’n regsverteenwoordiger van Outa verwys, wat bloot gesê het: “Nee, daar is nie behoorlike toestemming deur die Sanral-direksie gegee nie.”

Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, het gesê die Sanral-direksie was ingevolge die wetgewing ten volle op hoogte gewees van albei projekte voordat die minister van vervoer dit goedgekeur het. Sanral en sy direksie is tevrede dat prosedure gevolg en aan alle nodige vereistes voldoen is – Die Burger

CVO-228x300

Departement Oorweeg om Honderde Klein Skole te Sluit

June 24, 2015 –

Barbara Creecy, Gautengse LUR vir finansies,.

Die departement van basiese onderwys beplan om 474 klein skole op plase en in landelike gebiede te sluit.

Dr. Phindile Langa, waarnemende direkteur van landelike opvoeding in die departement van basiese onderwys, het Dinsdag terugvoer oor die rasionalisering van skole aan die parlementêre komitee oor onderwys gegee.

Angie Motshekga, die minister, het die proses in Januarie aangekondig dat sy “duisende” klein skole wat elke jaar treurig in die matriekeksamens vaar, wil sluit. Sy het toe bekend gemaak dat daar planne is om die Skolewet te verander sodat enige skool met minder as 135 leerlinge toegemaak kan word.

Maar Mathanzima Mweli, adjunkdirekteur-generaal van die departement, is nie bewus van enige wysigings aan die wetgewing nie. Volgens Mweli is die bepalings van die Skolewet soos dit tans is, voldoende, maar hy het verseker hy sal beslis uitvind of daar enige planne is om veranderinge aan die wetgewing te maak.

Luidens die departement se verslag beplan die departement om 310 skole in die Oos-Kaap te sluit, 11 in Sentraal-Transvaal, 58 in Natal, 36 in Oos-Transvaal, 48 in die Noord-Kaap en 11 in die Wes-Kaap. Geen skole in die Vrystaat, Noord-Transvaal of Wes-Transvaal sal luidens die verslag gesluit word nie. Altesaam 240 skole is reeds gesluit en 178 is saamgevoeg.

Konsepriglyne oor die rasionaliseringproses is ook in die komitee ter tafel gelê. Hiervolgens is “die samesmelting en sluit van skole nie tot landelike of landbougemeenskappe beperk nie”

Intussen het Nandi Mayathula-Khoza, Sentraal-Transvaalse LUR vir infrastruktuurontwikkeling, bekend gemaak dat altesame 19 splinternuwe skole in die nuwe boekjaar gebou gaan word in Sentraal-Transvaal. R4 miljard is begroot vir die provinsie se infrastruktuurplanne, wat die opknapping van 200 skole en ses hospitale insluit – Netwerk 24

 

Wetsontwerp Maak Staat, Kurator, van Alle Landbougrond

June 21, 2015 –

Argief foto

SAKE – As die regering sy sin kry, sal die minister van landbou aan Boere kan voorsê waarmee hulle moet boer en wat die beste manier is om hul grond te gebruik.

Dit is van die implikasies van ’n nuwe wetsontwerp vir die “bewaring en ontwikkeling van landbougrond”, waarop kommentaar op die oomblik ingewag word. Ander bepalings in die hoogs omstrede wetsontwerp is onder meer:

  • Alle Boere moet hul grond tot sy “optimale landboupotensiaal” gebruik – in ooreenstemming met rig­lyne wat deur die minister van landbou neergelê sal word. Gebeur dit nie, kan die staat die grond onteien teen ’n laer prys as wat hy sou betaal as die grond “optimaal” gebruik is.
  • Eienaars van “hoëpotensiaallandbougrond” mag net “kos vir menslike gebruik” produseer.
  • As eienaars van “hoëpotensiaalgrond” hul plase wil verkoop of vir meer as tien jaar lank wil verhuur, moet hulle eers skriftelike toestemming van die minister kry.

Landbouleiers en liberale kommentators beskryf dié bepalings as ’n “skelm manier” om grond kosteloos te onteien. Die wetsontwerp is die eerste stap om die Boer voor te skryf wat geboer mag word en wat nie. Dit is nie regstreekse onteiening nie, maar ’n subtiele manier om dit wat die Boer doen, te beheer.

 

Laerskool Jan van Riebeeck se Naam Bly Onveranderd

June 24, 2015 – Wes-Kaap Nuus –

Die ingang van die Laerskool Jan van Riebeeck in Tuine, Kaapstad.

KAAPSTAD – Moet die naam van die Laerskool Jan van Riebeeck verander, of moet daar minstens ’n plan op die tafel wees indien dit van die skool verwag word?

Dié vraag wat Saterdag op ’n strategiese vergadering van die beheerraad van dié laerskool gevra is, het oudleerders en ouers op hol. Volgens die skool se hoof, Johan Oosthuizen, het beklemtoon dat dit nie daaroor gaan dat die skool se naam gaan verander nie. Al wat voorgestel is, is dat die beheerraad moet oorweeg om ’n gespreksforum te fasiliteer waar die kwessie van ’n naamsverandering bespreek kan word.

Dit gaan glo oor die vraag wat die prosesse sal wees indien hier mense aankom wat sê die skool se naam moet verander. Ná die voorstel Saterdag het kommentaar soos ’n swart suidooster deur sosiale media gewaai. Kommentaar op die Facebook-groep van die Hoërskool Jan van Riebeeck het onder meer gelui:

  • “Ek is diep teleurgestel en seergemaak dat hierdie belaglike versoek oorweeg word. Nee. Duidelik is die mense wat dit versoek nie egte Jan van Riebeeckers nie.”
  • “Ek was op hoërskool alleenlik, maar dit sal seker die volgende teiken wees. Die hele idee is absurd en onaanvaarbaar. Dis nie ’n naam wat dinge verander nie, maar wel die mense.”
  •  “Baie, baie hartseer, belaglik, onaanvaarbaar en absurd. Ek het nie woorde nie.”
  • “Dit is baie tragiese nuus. JvR (Jan van Riebeeck) was hoofsaaklik ’n besigheidsman en het niks met apartheid te doen gehad nie . . . ”

Wat die Hoërskool Jan van Riebeeck betref, het die waarnemende hoof, Herman Martin, gesê ook by die hoërskool is daar geen sprake van ’n naamsverandering nie. Indien so ’n versoek kom, sal ons sekerlik ’n gesamentlike gesprek hê wat ouers, personeel, die beheerliggaam en natuurlik die leerders insluit – Netwerk 24

water te kort1

Grondplafonne: SA sal Homself nie Kan Voed nie

June 25, 2015  –

As grondplafonne ingestel word, kan dit op ’n ramp uitloop wat “katastrofiese gevolge” vir veral armes inhou.

Volgens Ockie Olivier, ’n landboukonsultant van Bloemfontein, gaan grondplafonne tot onstabiliteit in die land lei. Vir landbou om mededingend te wees in die wêreldekonomie en om voedselsekerheid te verskaf, is die marges so klein dat enige ingryping soos grondplafonne gaan maak dat dit op ’n ramp uitloop. Dit kan selfs daartoe lei dat voedselpryse meer as verdubbel.

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, word ook skerp gekritiseer deur georganiseerde landbou en opposisiepartye nadat hy die nuwe grondplafonne aangekondig het.

Grondherverdeling “suiwer ’n politiese doelwit”: Dit behels onder meer dat klein plase voortaan hoogstens 1 000 ha mag beslaan, middelslagplase 2 500 ha en groot plase 5 000 ha. Grond wat dit oorskry, sal onteien en herverdeel word. Die maksimum van 12 000 ha sal net van toepassing wees op grond vir bosbou, wildplase en plase vir hernubare energie.

Bestaansboere kan nie winsgewend en volhoubaar produseer nie: Volgens Brink is daar genoeg bewyse in Afrika dat klein bestaansboere glad nie winsgewend en volhoubaar kan produseer nie, wat ’n voorvereiste is om ’n bydrae tot voedselveiligheid te lewer. Grondhervorming en herverdeling het reeds in die verlede die ondergang van baie lande in Afrika beteken.

Hy waarsku dat die nuwe grondhervormingsbeleid en die ontwikkeling van bestaansboere wat die samestelling van die land se bevolking moet verteenwoordig, die aantal kommersiële boere in so ’n mate sal verminder dat Suid-Afrika uiteindelik ook afhanklik sal raak van geldelike en voedselhulp van die internasionale gemeenskap en groot skenkers.

Boonop vra Brink waar die geld vandaan gaan kom om boere wie se grond onteien word, op “ ’n billike en regverdige wyse te vergoed” – Sake Nuus

 

Artikel deur die groep vir Selfbeskikking

Swartes Het Hul Eie Apartheid Geskep Saam Met Die Britse Regering
Swart selfstandigheid is al vanaf 1845 met ons. Verwys na die Shepstone Beleid, wat die Britse regering ingestel het, sodat elke ETNIESE swart volk in Suid-Afrika apart kan lewe. Selfstandigheid sal nooit werk nie

Tans is daar 11+ TRUSTLANDE, aka TUISLANDE aka Reserwes is nog altyd afhanklik van die belastingbetalers en te lui om self te werk. En binnekort sal daar seker nog “konings” bygevoeg word.

Hierdie gebiede, nes ons eie Orania’s, Kleinfonteins, Kleinvalleie, ens, is onderworpe aan die Grondwet van die land, asook Swart bemagtiging, waar hulle blanke en anderkleuriges se besighede kan OES. Dieselfde onteieningswet geld ook vir hierdie gebiede.
SWART Trustgebiede het hul duisende skole, hul eie tradisies, hul eie stelsels, hul eie koninklike leiers, terwyl Blankes en Indiers, geen reg tot ‘n eie grondgebied het nie. Grondgebiede behoort reeds aan die regering, daarom sal die regering nie rus voor alle grond kommunisties hul eiendom is nie..

Die liberales, FW de Klerk Stigting, Solidariteit, Afriforum, en ander, verkondig aan die wereld, via Naspers dat “selfstandighed”, die oplossing is – SELFSTANDIGHEID kom uit 1845, dit het steeds na 1994 voortgegaan.

Daar is selfs baie sulke gebiede wat dink hulle is “selfstandig” maar nes ons ander, slawe van die kommunistiese regering.
Hierdie rassistiee en diskriminerende wette is spesifiek afgekondig om ons totaal en al af te breek. Ons laat dit toe, want ons kon al lankal ons Eksterne Selfbeskikking opge-eis het. Dit word in ons keelgatte afgegooi, om vermoor en ekonomies ontman te word.

Dit genereer vir die monopolistiese REGSBANK, ‘n uiters florende inkomste, waar elke regstellende saak – AA, B-BBEE, waar stode/dorpe/straatname verander word, grond wat beset word, alles gaan na die REGSTAAT se regsbank – en wie trek voordeel daaruit? Die REGSTAAT is deur die Broederbond aan die regering verkoop en dis na 1994 ge-implementeer. Dis ons eie mense, onder ons, wat hierdie REGSTAAT opereer en manipuleer van bo af of ons totaal en al te knak.

Amptelike voorleggings oor misdaad en veral plaasmoorde, is al sedert 2000 aan oorsese organisasies gemaak – verskeie, UNPO, Holland en ander regerings, honderde petisies, rooiballon optogte….. En het dit al enigsins ‘n impak gehad? Honderde flieks en boeke is geskryf oor ons moorde en misdaad – waar gaan al hierdie inkomstes heen?

Beveilig julleself, want die regering of ander regerings gaan nie tot ons redding kom nie. Sluit aan by buurtwagte en plaaswagte. Moorde en misdaad gaan nie verdwyn nie – dis ‘n inkomste vir die REGSTAAT.

diekaap

Enjoyed this post? Share it!