Nuutste smokkel metode: Rowers maak gebruik van donkies om motor oor grens te kry

Polisiebeamptes het Maandag toegeslaan op ʼn toneel waar verdagtes donkies gebruik het om ʼn Mercedes Benz-motor oor die grens van Suid- Afrika na Zimbabwe te smokkel.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die
voertuig is onderskep kort voordat dit in Zimbabwe in verdwyn het.

“Die verdagtes het donkies gebruik om die motor oor die Limpopo-rivier te
trek, maar die donkies was skynbaar nie in staat om dit deur die sand te
sleep nie. Dit is toe dat ons lede toegeslaan het,” het Mojapelo gesê.

Hy het gesê die verdagtes het almal in die bosse in aan Zimbabwe se kant
van die grens gevlug toe die polisie opdaag. Mojapelo kon nie onmiddellik
bevestig of die Mercedes Benz vroeër as gesteel aangemeld is nie.

Die polisieondersoek duur voort.

Deur: Maroela Media


Enjoyed this post? Share it!