Nuwe Leerafdeling en leerhulp vir Afrikaners – Eksamens is om die draai !!

Eksamens is om die draai en Afrikaans .com het splinternuwe leerblaaie met leerhulp en ondersteuning – als op een plek. Jul luisteraars (ouers, onderwysers en kinders) sal baat vind by hierdie omvattende hulpbron.

NUWE LEERAFDELING OP AFRIKAANS .COM – #droomgroot

Soek jy hulp met take of hersiening, of kom jy inspirasie kort? Het jy raad nodig met lesplanne of wil jy sommer nou al die wonderwêreld van leer speel-speel vir jou kleinding ontsluit? Dan is Afrikaans.com se nuwe Leerafdeling net die plek! Hier kry jy ’n magdom nuttige skakels na leerhulp en -ondersteuning sodat jy en jou kinders groot kan droom.

Wat kry jy alles daar?

Op skool
Hier vind jy skakels na leerhulp, die nuutste toeps, interessante artikels en omvangryke bronne sodat jy kan skitter op skool.

Is jy ’n onderwyser of ’n ouer?
Vir onnies en ouers is daar ‘n magdom skakels om leer ‘n avontuur te maak. Van lesplanne, tot inspirasie, leerhulp, tuisonderrig, studie-opsies, beurse en studielenings … #droomgroot saam met jou kind en ondersoek ‘n rykdom van bronne.

Voorskools
Hier ontsluit ons die wêreld van lekker leer vir jou kleuter en leer jou kleinding speel-speel m.b.v. nuttige toeps, die beste opvoedkundige materiaal in woord en beeld en kundige ondersteuning op elke gebied.

Na skool
#droomgroot – Ons vertel jou van studierigtings, ’n verskeidenheid van tersiêre instellings hier en oorsee, beurse, studielenings en werksgeleenthede … hoe om jou eerste CV saam te stel … Kortom, hier ontdek jy ‘n nuwe wêreld op jou reis na sukses.

Gaan kyk sommer nou by http://www.afrikaans.com/leer/lekker-leer.

Klik op die afdeling van jou keuse en maak so seker jy weet waar kom jou leerhulp vandaan. #droomgroot!


Enjoyed this post? Share it!