Nuwe stigting in die lewe geroep SOS vir SA

FW de Klerk & MandelaDie name van Desmond Tutu, Albert Luthuli, Oliver Thambo en Thabo Mbeki word genoem as verteenwoordigers van verskeie stigtings wat ‘n nuwe inisiatief die lig laat sien het naamlik “The Foundations Initiative” (TFI).
 
Ander groepe wat deel vorm van die groep is “Die Helen Suzmann stigting”, Die “FW de Klerk stigting”, asook die “Robert Sobukwe-“ en die “Mlambo-Ngcuka stigting”.
 
In ‘n verklaring deur die TFI word gemeld dat die onderskeie stigtings verteenwoordig word deur bekende Suid Afrikaners wat hul lewe gewy het om vryheid en demokrasie in SA te bewerkstellig.
 
Die stigting is reeds maande besig om planne op die tafel te kry wat SA weer op die regte spoor sal kry. Krake in die demokrasie moet volgens die stigting herstel word.
 
Politieke ontleders sê so word die mense uitgewys wat saam met die vyand heul, dit raak al hoe moeiliker vir Afrikaner organisasies wat bande het met die “FW de Klerk stigting” om te bewys waar hul sentiment lê .- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!