Obama Lieg Weer vir die Skape om Hillary te Steun en Looi die “…isme’s” om Kiesers te Kul

Obama het alweer vir die kiesers (liberale skape) gelieg om Hillary Clinton se veldtog te ondersteun en soos gewoonlik looi hy die “…isme’s” om VSA se stemmers te kul, en die massa media versprei die leuens soos soetkoek. Selfs massa media soos SABC en Naspers in Suid Afrika is hard aan die werk om die propaganda te stook. 

Daar is nou ‘n baie duidelike streep in die sand getrek: of jy steun “crooked” Hillary en haar Wêreld Oorheersende kommunistiese kontroleerder en finansiers, of jy steun Trump met sy platform van nasionalisme en regering vir die mense deur die mense.

Inderdaad, dit is alweer Nasionalisme teen Globalisme, soos terug in 1935, en ongelukkig het globalisme, alweer al hul  wapens van politieke korrektheid, al die geld en bronne en skape an hul kant.

Maar een ding wat die globaliste nie het nie, is eerlikheid en opregtheid. Die is nie meer duideliker uitgebeeld nie toe Obama, die President van die magtigste land ter wêreld, onlangs ten minste twee keer vir die wêreld blootuit gelieg het. Natuurlike is daar duisende ander leuens met die kenmerkende halwe waarhede en grys lyne waarmee die liberale die mense kul met massa media… Die feit dat amper alle hoofstroom media liberaal is, is nie per ongeluk nie.

Hillary Dream

Obama het in ‘n onderhoud gesê hy het van die voortslepende Clinton epos skandaal eerste te hoor gekom op die TV nuus soos almal, maar Wikileaks het bewys dat hy maande voor dit, eposse vanaf Clinton se private epos ontvang het en aan haar geskryf het daar. Hy is ook SES KEER in kennis gestel elke keer toe sy haar epos adres verander het.

Obama is ook die week heen en weer oor die land hard aan die werk op Hillary se veldtog, wat vanself ‘n botsing van belange is, waar hy telkemale die rasse en seksisme kaarte uitgetrek het. Hy het sowaar Hillary se leuen, dat Trump by KKK, die omstrede groep wat blanke regte ondersteun, herhaal. Dit is al bewys dat daar geen verband is tussen Trump en KKK en nog verder Trump het homself herhaaldelik van die KKK distansieer. Die waarheid is dat die verband tussen Hillary en KKK baie sterker is!

Clinton KKK

Nou moet ‘n mens vra, as die persoon in beheer van de wêreld se kragtigste weermag en nasie, bloot uit lieg om sy opvolger te kies, wat is werklik op die spel hier?

En nog verder, watse ander onwaarhede, manipulasie en konkel het Obama en Clinton nie die laaste agt jaar implementeer nie?

Dit is die week bewys dat Hillary en ISIS van die selfde geld befonds word…

Dit is duidelik dat enigiemand wat Hillary of Obama steun, of ‘n verraaier van vryheid is, of ‘n selfsugtige skaap is…

‘n Trump wen sal baie goeie nuus vir ons volk wees en die hele wêreld self. Die Clinton Fondasie is gereeld gebruik om swart oorheersing en die afbreking van nasie state deur chaos te bevorder. Hulle finansier Black Lives Matter en Black Panthers in SA onder andere. Die VSA sit ook agter baie van die geweld en optogte op kampusse ens. in SA omdat hulle besig met ‘n “regime change” operasie hier is, om van Zuma ontslae te raak omdat hy saam met Rusland, India, Brasilia en Sjina staan (BRICs). Kyk hoe is Brasilia se vorige President onlangs deur die massa media en breinspoeling van die skape verwyder…

giphy (2)

Zuma se korrupsie was inderdaad ‘n groot present vir hulle, maar nou weet ons waarom die ZumaMustFall en FeesMustFall veldtogte laas jaar skielik groot gegaan het.

Indien U enige Amerikaners ken, maan hulle aan om vir Trump te stem Dinsdag, en nie leuens van die liberale en demokrate te glo nie.

As Trump nie nou wen nie, gaan dit neusie verby wees…

Don Deon


 

Enjoyed this post? Share it!