Oliebolle met vladoopsous

Oliebolle met vladoopsous

AppleMark

AppleMark

’n Heerlike kombinasie om op ’n naweekmiddag te geniet terwyl jy op die hoogte kom van jou gunsteling-reekse.
Lewer 18 oliebolle
Bereiding: 15 min.
Rus: 1 uur
Gaarmaak: 10 min.
375 ml (1½ k) melk
80 ml (⅓ k) strooisuiker
10 g gis
1 L (4 k) meel
2,5 ml (½ t) sout
40 g botter
olie vir braai
Vla
250 ml (1 k) melk
3 eiergele
45 ml (3 e) strooisuiker
45 ml (3 e) mielieblom
5ml (1 t) vanielje-ekstrak
1. Verhit die melk en strooisuiker in ’n kastrol oor matige hitte tot louwarm. Voeg die gis by. Bedek en sit eenkant.
2. Meng die meel en sout in ’n mengbak. Voeg die botter by terwyl jy dit met jou vingerpunte vryf tot die mengsel soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die melk by en knie die deeg 10 min. of tot dit elasties maar nie klewerig is nie.
3. Sit die deeg terug in die mengbak en bedek met kleefplastiek. Hou sowat ’n uur op ’n warm plek en laat die deeg rys.
4. Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie ’n paar keer. Vorm dit in ’n lang wors en sny die verlangde groottes uit die wors. Rol elke stuk deeg tussen jou hande en pak dit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Sny die middel van elke oliebol uit met die agterkant van ’n versiersak se spuitkop.
5. Verhit die olie in ’n pot en braai elke oliebol tot goudkleurig en heeltemal gaar binne. Haal uit die olie en plaas op kombuispapier om te dreineer.
6. Vla Verhit die melk in ’n kastrol oor matige hitte. Verwyder van die hitte. Klop die eiergele, strooisuiker en mielieblom tot romerig. Voeg die warm melk en ekstrak by die eiergeelmengsel terwyl jy roer.
7. Gooi terug in die kastrol, plaas oor lae hitte en laat die vla verdik terwyl jy roer. Verwyder van die hitte. Gooi die vla in ’n bak, bedek met kleefplastiek en laat afkoel.
8. Sit die oliebolle voor met die vladoopsous of sny die oliebol halfpad deur en vul met die vla.
Deur Huisgenoot Digitaal op Maart 10, 2015

Enjoyed this post? Share it!