Omstrede skelmpie van dr Piet Koornhof sê Zuma se vroue moet gaan toilette skrop

Zuma moet bedank en sy vroue moet gaan toilette skrop. Dan sal sy dit oorweeg om weer terug te keer na Suid-Afrika.

Dit is die woorde van die omstrede Michelle Adams, wat jarelank ‘n buite egtelike verhouding gehad het met dr. Piet Koornhof, in lewe ‘n minister van die NP-regering.

Die land het gegons toe Koornhof sy vrou verruil het vir die kleurlingvrou wat dekades jonger was as hyself en by wie hy twee kinders gehad het. Na 12 jaar saam het Adams hom gelos toe sy swanger geword het met ‘n Duitser se kind. Koornhof is toe terug na sy vrou, Lulu. Koornhof self, wat heelwat politieke byname gehad het, is enkele jare gelede oorlede, en sy vrou is verlede week in die ouderdom van 91 jaar oorlede.

Adams, wat steeds saam met die Duitser in Duitsland woon, is nou agter van die Koornhof geld aan, want sy glo sy en haar kinders is afgeskeep.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!