Omstrede staatskontrakte bekyk

Donald

‘n Hele paar omstrede staatskontrakte, waaronder dié bouprogram vir kernkragaanlegte en die aankoop van BBP-vliegtuie tel, word glo reeds ondersoek.

Die hoofverkrygingsbeampte van die regering, Kenneth Brown, het die parlement se staande komitee oor finansies ingelig dat daar ook gekyk word na Eskom se steenkoolkontrakte.

Weens verwikkelinge die afgelope tyd in bepaalde politieke en finansiële kringe kan die bewerings omtrent die Gupta-broers se betrokkenheid by Eskom-steenkoolkontrakte klaarblyklik nie veel langer onder die mat gevee word nie.

Brown se kantoor moet skuiwergate in bestaande verkrygingsprosesse in staatsdepartemente en hul entiteite toestop. Daarmee gaan ‘n teikenbedrag van R1,3 triljoen glo bespaar word aan koste teen die einde van die mediumtermyn.

Die minister van energie, Tina Joernat-Pettersson, het intussen parlementslede die versekering gegee dat die hele verkrygingsproses ten opsigte van die kernkragbouprogram sonder enige korrupsie sal verloop. Sy het haar sterk uitgespreek teen die opposisiepartye se “beheptheid” met die hele kernkragprojek.

Volgens haar sal kernenergie ook talle voordele vir die land inhou.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!