Ondersteun die Boeremagsaak en teken die petisie vir Amnestie vir Wilhelm Pretorius en ander

Kan ons bewusmaking doen vir Wilhelm Pretorius? Hy is al 15 jaar in die gevangenis! Teken en deel die petisie dat jy AMNESTIE vir hom en die Boere gevangenes ondersteun vir hulle amnestie aansoeke, veral vir die Boeremagsaak. Dis darem n baie langtyd van onreg!!

Vaarwel my liewe vriende en volksgenote – geskryf deur Wilhelm op 27 Oktober 2013 (dis die dag voor hulle gevonnis is – 28 Oktober 2017)

Dit is vir my swaar om afskeid vanaand te neem van julle. Ons het vandag gehoor dat die regter net een oogmerk het met die straf en dit is om voorbeelde van ons te maak sodat dit as afskrikking sal dien. Hy het ook ten volle die staat se betoog aanvaar en ons betoog ten volle verwerp. Ons verwag dus dat daar swaar vonnisse sal volg en ek ’n hele ruk lank van julle verwyderd sal wees.

Ek weet dat baie van julle gebid het dat ons vry sal uitstap. Baie dankie daarvoor. Moenie dat dit geloof in ons Almagtige Vader skade doen nie. Jesus het ook gebid dat die beker by Hom moes verbygaan – en dit het nie. Indien Hy nie aan die kruis gesterf het nie en indien die beker by Hom sou verbygaan, sou elkeen van ons verlore in ons sonde gebly het. Die belangrike dus van gebed is om te bid ooreenkomstig met die wil van God. In hierdie geval was dit nie sy wil dat ons vry moet uitstap nie, maar dat ons wel verdere gevangenisstraf moet uitdien.

Ons weet nie altyd wat die Vader se plan met ons lewens is nie. Ons verstaan ook nie altyd waarom Hy die onreg toelaat nie. Wat ek wel weet is: Die wêreld is ons woning nie.
Dit merk ek aan die son wat wyk,
en ‘k merk dit aan die reier wat
mistroostig na die son sit kyk
op een been, in die biesievlei.
En is die laaste strale weg,
dan rys ? koue op uit die vlei.
? Koue gril deurhuiwer my;
en ‘k sien dit dan in alle ding
wat in die skemer my omring:
die wêreld is ons woning nie.

Jesus het vir sy dissipels gesê: “As hulle dit aan my gedoen het, hoeveel te meer sal hulle dit aan julle doen.” Van sy twaalf dissipels het een selfmoord gepleeg, tien het die marteldood gesterf en een het gesterf in ballingskap. Die elf het nie ontbreek aan geloof nie, maar was net deur die wêreld gehaat, want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Behou geloof in ons Hemelse Vader wat ons so lief gehad het dat Hy sy Eniggebore Seun gestuur het om vir ons sonde te ly en te sterwe. Hy sal ons nooit versaak nie. Laat ons volk net nader groei aan Hom en ons ten volle aan Hom oorgee in elke ding. Laat dit weer bekend staan in die wêreld dat hier ’n klein en geringe volkie aan die suidpunt van Afrika is. ’n Volkie wat by Hom alleen sal skuil en voor Hom alleen sal kniel. Hou vas aan en bid onophoudelik vir die vernuwe van ons volk se Gees dat ons waarlik vry sal wees.

Ek groet dan vanaand vir ’n wyle met die laaste woorde:

In my skemeruur se laaste tree
waar die naguil met my waak
en die maan se troostend skaduwee
my siel kom rustig maak
suis stilte in my silhoeët,
sus soelheid van sy streel
om die lot wat môre uit mag deel
met vrede te beset.

Sonder twyfels of vrees
wat die vonnis kan wees
brand geloof se gloed soos ’n vlam
sou die hammer dan val
in doodskadudal
ek sal staan in die bloed van die Lam.

Laat die Boer nou as balling
in ’n loflied verrys
om trou te bly wandel
tot die vierkleur weer hys.

27 Oktober 2013
Lokaal Gevangenis, Pretoria.

Teken en deel asb die petisie dat jy AMNESTIE vir Wilhelm Pretorius en die Boerevolk Politieke Gevangenes ondersteun. Hulle het dit nodig vir hul amnestie aansoeke. Druk hier vir skakel.

<hr>

Enjoyed this post? Share it!